Mossel Bay Advertiser

Barbarians wen

-

Barbarians het die afgelope naweek 'n begeesterd­e Bridgton van Oudtshoorn op die D'Almeida-stadion oortuigend met 34-22 geklop. Die tuisspan, wat verlede jaar in die liga se finaal gespeel het, het die afgelope paar wedstryde gesukkel om hul kanse in punte om te skakel.

Barbarians het egter gewys dat die span nie hul ondersteun­ers gaan teleurstel nie. Hoewel daar oomblikke was waar die spanning hoog geloop het, was dit met die begin van tweede helfte duidelik dat die afrigter, Robert Jansen halftyd hard gepraat het want die voor- en agterspele­rs het daarna in 'n oogwink twee pragdrieë gedruk en die voortou geneem. Die besoekers het egter vinnig teruggesla­an om die telling weer gelyk te maak.

Hen-llin Botha, loskakel van Baabaas wat 'n baie goeie wedstryd gehad het saam met die twee Fillies-broers, wat vir die eeste keer saam gespeel het, het egter ander planne gehad. Botha het vir Kervin Fillies deur 'n swakplek in die verdedigin­gslinie gestuur deur talle verdediger­s af te skud en te gaan druk. "Krediet gaan aan die afrigters, hoewel aan die span se dissipline gewerk moet word," sê voorsitter Dawid Kamfer. Hy meen die span moet kalm onder druk reageer en sê: "Spelers soos Dillion Africa, Bees, Alo Fillies, kaptien Brettas en Bekker verdien 'n pluimpie vir hulle spel."

Die derde en tweede spanne het ook hul wedstryde gewen. Barbarians reis komende Saterdag na Plettenber­gbaai.

Kamfer het laat blyk dat hy op klagtes teen hom deur SWD onskuldig bevind is.

 ??  ?? Barbarians spog met hul nuwe, geborgde uitrusting­s.
Barbarians spog met hul nuwe, geborgde uitrusting­s.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa