Mossel Bay Advertiser

Rower vas na misdaad

- ■ Cornelle Carstens

Danksy vinnige optrede van lede van die Da Gamaskop-polisie is 'n vermeende rower verlede week aangekeer kort nadat die beweerde misdaad gepleeg is.

As gevolg van verskeie voorvalle van roof wat in die stasie se bedienings­area aangemeld is, het die polisie in samewerkin­g met buurtwagle­de verskerpte patrollies in die omgewing van Uitbreidin­g 8 en Uitbreidin­g 13, asook die kloof wat die areas verbind, geloods.

Kaptein Deon Bothma en adjudant-offisier Anita Pio het op Donderdag, 11 Julie vanaf 06:00 patrollie gedoen toe hulle op 'n vrou afkom wat berig dat sy sopas beroof is. Sy kon 'n akkurate beskrywing van die verdagtes voorsien. Die lede se vinnige optrede het tot die arrestasie van 'n 24-jarige verdagte gelei. Tydens deursoekin­g van die verdagte, is beslag gelê op verskeie gevaarlike wapens in sy besit. Die tweede verdagte is geïdentifi­seer, maar hy is steeds op vlug.

Twee sake van roof met 'n wapen anders as 'n vuurwapen word ondersoek deur die Da Gamaskop-polisiesta­sie se speurafdel­ing.

"Ons versoek die gemeenskap om by

buurtwagte betrokke te raak. Rooftogte is gerapporte­er in Diasstrand op die rotse, Louis Fourieweg naby Blue Waters, Alhof- en Bill Jeffrey-rylaan, asook die kloof tussen Uitbreidin­g 8 en 13. Daar is gebiede waar die konstante teenwoordi­gheid van buurtwagte noodsaakli­k is om die polisie te ondersteun," maan kapt Wollie Fourie, woordvoerd­er van die Da Gamaskop-polisie.

 ??  ?? Kaptein Deon Bothma en adjudant-offisier Anita Pio het tydens patrollied­iens ‘n vermeende rower gearrestee­r kort nadat hy ‘n beweerde misdaad gepleeg het. INLAS: Hier is van die wapens wat in ‘n vermeende rower se besit gevind is.
Kaptein Deon Bothma en adjudant-offisier Anita Pio het tydens patrollied­iens ‘n vermeende rower gearrestee­r kort nadat hy ‘n beweerde misdaad gepleeg het. INLAS: Hier is van die wapens wat in ‘n vermeende rower se besit gevind is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa