Mossel Bay Advertiser

Voëls geteiken, onwettig doodgeskie­t in Heiderand

- ■ Nickey le Roux

Berigte van hadedas wat in die Heiderando­mgewing in Essenhouts­traat dood opgetel is nadat dit vermoedeli­k met 'n windbuks geskiet is, word sterk deur die Mosselbaai­munisipali­teit veroordeel.

Die afvuur van enige vuurwapen binne 'n munisipale area is verbode, selfs die afvuur van 'n windbuks. Volgens die Strafprose­swet (Wet 51 van 1977) soos gewysig, kan enige persoon aangekla word vir die afvuur van 'n vuurwapen in 'n beboude gebied, het die kommunikas­iebeampte van die Da Gamaskop-polisie, kapt Wollie Fourie bevestig.

Volgens bepalings van die Wet op Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000), word 'n windbuks geag 'n vuurwapen te wees, hoewel sommige kalibers nie aan lisensiëri­ng onderhewig is nie. "Tog word die afvuur van só 'n windbuks steeds geag as as die afvuur van 'n vuurwapen, wat kan meebring dat die persoon aangekla kan word ingevolge die Strafprose­swet," benadruk kapt Fourie.

Die Mosselbaai-munisipali­teit se verordenin­g insake openbare oorlaste plaas egter 'n verbod op die afvuur van 'n vuurwapen, windbuks of windpistoo­l op straat, in 'n openbare area en/of privaat persele.

Dodelike wapen

"'n Windbuks in die hande van 'n onverantwo­ordelike persoon kan 'n dodelike wapen wees," maan die munisipale woordvoerd­er, Colin Puren. Hy vra ouers om te verseker dat hul kinders nie voëls of ander klein diertjies teiken nie.

Dink dus twee keer voor ‘n vuurwapen in ‘n munisipale gebied afgevuur word; dit is ‘n strafbare oortreding. Ouers bly verantwoor­delik vir hul kinders se optrede en moet kinders inlig oor die gevolge as hulle gevang word sou hulle in in ‘n munisipale gebied ‘n vuurwapen afvuur.

Inwoners word versoek om enige onwettige optrede in hierdie verband ook aan CapeNature te kommunikee­r. Kontak die bewaringsd­ienstebest­uurder - Gouritzstr­eekkantoor, Barend le Roux by (044 802 5316; 082 554 1271 of bleroux@capenature.co.za).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa