Mossel Bay Advertiser

Verdagte in hof na hotelroof

-

Die polisie op Groot-Brakrivier het ‘n 22-jarige verdagte in hegtenis geneem na die onlangse gewapende roof by die Eden Country Inn.

Die man het op Maandagaan­d, 8 Julie by die hotel op Klein-Brakrivier ingestap en die ontvangsda­me met ‘n vuurwapen gedreig. Hy het daarna R17 000 kontant uit die kasregiste­r geneem en te voet gevlug.

Polisiewoo­rdvoerder sersant Laurianne Botha sê die verdagte is op Vrydag, 12 Julie, op Klein-Brakrivier in hegtenis geneem. Sy bevestig die kontant is egter nie teruggevin­d nie. Die verdagte het op Maandag, 15 Julie in die Mosselbaai-landdrosho­f verskyn op ‘n aanklag van besigheids­roof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa