Mossel Bay Advertiser

Skoolhoof bereik vol sirkel met aanstellin­g

- Cornelle Carstens

Daar is mense wat meen dat mnr David Groenewald, nuut aangesteld­e skoolhoof by Hoërskool Sao Bras, se loopbaan in die onderwys nou vol sirkel geloop het.

Groenewald het die leisels by dié skool oorgeneem op 1 Julie, na 36 jaar wat hy aan Hillcrest Sekondêre Skool verbonde was.

Maar dit blyk of hy waarlik bedoel was om die tuig by Sao Bras op te neem. Dis immers nie net waar hy matriek geslaag het en hoofseun was nie, maar sy pa, ook David Groenewald, was die eerste skoolhoof by die skool.

Groenewald, aanvanklik 'n student in Bedryfpsig­ologie aan die Universite­it van die Wes-Kaapland, het eers in sy derde jaar op die onderwys besluit. Hy is reeds 'n pos aangebied by die gesogte Spes Bona Hoërskool in Kaapstad, toe hy op besoek aan Mosselbaai met 'n besonderse versoek te doene kry, wat die koers van sy lewe sou bepaal.

"Ek en my pa was in 'n winkel toe ons in die eertydse skoolhoof van Hillcrest, mnr Edgar Domingo vasloop. Hy sê toe vir my wanneer kom ek dan nou terug Mosselbaai toe om te kom terugploeg in die gemeenskap wat my gevorm het."

Groenewald het die pos by Spes Bona bedank en by Hillcrest sy skoene kom volstaan.

Moeilike besluit

Met sy skuif na Sao Bras, alhoewel hy nooit sou kon dink hy Hillcrest sou verlaat nie, meen hy kan hy nou verder uitvoer wat mnr Domingo van hom gevra het.

"Ek het nagte wakkergelê. Dit was nie 'n maklike besluit gewees nie." Hy meen Hillcrest bied unieke uitdagings aan onderwyser­s wat hulle loopbane vorm op 'n baie positiewe wyse.

Groenewald was van plan om sy onderwyslo­opbaan aan Hillcrest te voltooi en daar uit diens te tree. Maar toe die skoolhoofp­os by Sao Bras geadvertee­r is, het etlike versoeke uit die gemeenskap hom anders oorreed.

"Ek is in die herfs van my loopbaan as onderwyser, maar het ek die Here belowe dat as my gesondheid dit toelaat, ek my alles sal gee. Ek is deur en deur 'n onderwysme­ns."

Hy sê dit was 'n emosionele dag toe hy by Sao Bras instap. "Ek het darem nie gehuil nie," lag hy terwyl hy vertel hoe welkom en op sy gemak almal hom laat voel het.

"Onthou jou spore lê diep hier het baie mense gesê."

Vuur en vlam

Nou wil hy 'n veral 'n veiligheid­snet skep vir leerders en ook onderwyser­s. "Ek wil die las probeer ligter maak deur vennootska­ppe aan te gaan met individue en organisasi­es buite die skool." Daar is baie te doen by die skool, dinge waarby hy die trotse oudleerder­s ook wil betrek. "Oudleerder­s moenie die skool vergeet nie. Hulle moet naderstaan en weer die passie kry om betrokke te raak."

Groenewald is vuur en vlam om die skool weer sy regmatige plek in die gemeenskap te laat inneem. Hy is so ernstig hieroor dat hy visitekaar­tjies rondom die skool wil gaan uitdeel en mense wil aanspoor om weer eienaarska­p te vat van die skool in hulle midde, deur ore en oë te wees, veral wanneer boosdoener­s daar skade wil aanrig.

Sy pa, wat in Januarie vanjaar in die ouderdom van 91 jaar oorlede is, was bewus van sy aansoek. Van die laaste kere wat hulle gesels het, het hy nog gevra of daar nog nie nuus was nie.

"Met my aanstellin­g sê iemand toe nogal 'as jou pa nou maar geleef het om hierdie dag te kon sien'."

Groenewald se slotsom is dat hy is waar hy hoort, al is dit so laat in sy loopbaan. "Ek het 'n werkswinke­l oor leierskap bygewoon waartydens een van die afdelings connecting the dots was. En daar sê iemand vir my, 'kan jy nou sien wat het eintlik met jou lewe gebeur?'"

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa