Mossel Bay Advertiser

MARKTE / MARKETS

-

Mosselbaai Familie Plaasmark

Die Mosselbaai Familie Plaasmark vind elke Sondag vanaf 08:00 tot 14:00 plaas.

Die volgende mark is op Sondag, 21 Julie. Die mark is net buite Hartenbos, langs die Hartenbosr­ivier en N2. Toegang is vanaf die R102 (ou Groot Brak-pad).

Die mark bied vars organiese groente, vrugte, tuisgemaak­te produkte, eetgoed en yskoue drinkgoed. Kontak Alma (082 601 9936).

Mossel Bay Care Centre hou veiling

Die Mossel Bay Care Centre hou elke Sondag vanaf 11:00 'n veiling by die Mosselbaai Familie Plaasmark buite Hartenbos.

"Ons is op soek na goedere wat nie meer gebruik word nie of wat in die pad is wat ons op die veiling kan verkoop. Persone wat van hierdie goed ontslae wil raak, kan dit self na die veiling bring en sodoende kan hulle ook ‘n ekstra geldjie maak. Daar is geen koste verbonde nie. Dit is deel van ons fondsinsam­elingsveld­tog."

Vir meer inligting, kontak Delene of Jenny (044 879 0119).

Hartenbos Boeremark

Hartenbos Boeremark met meer as 80 uitstaller­s, se volgende mark is op 27 Julie. Dit begin om 08:00 tot 14:00 en vind by die Carney-gebou op Hartenbos plaas.

Daar is smullekker eetgoed en interessan­te arts and crafts-stalletjie­s sowel as ‘n witolifant-tafel met meer as 30 tafels vol iets van als en als van iets. Vriendelik­e uitstaller­s en jolige musiek. Navrae Charles (082 852 1773).

Groot Brak Uitspanmar­k

Die volgende Groot-Brakrivier Uitspanmar­k vind op Saterdag, 3 Augustus vanaf 08:00 tot 13:00 op die terrein oorkant Pick n Pay plaas. Die mark bied 'n besonderse atmosfeer reg langs die rivier en met meer as 90 uitstaller­s is dit beslis die moeite werd om dit te besoek. Daar is 'n groot verskeiden­heid stalletjie­s om van te kies.

Jy kan selfs rustig op die bankies langs die rivier sit en eet. Die mark se DJ sal ‘n huppel in jou stap sit met sy musiek. Vir enige navrae kontak Melanie (072 837 8803 of 044 695 2331).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa