Mossel Bay Advertiser

Groot planne vir Oliver Twist-projek

- Nickey le Roux

Mossel Bay Advertiser se Oliver Twistproje­k en ReedValley-span weer kragte saam om deur welwillend­heid die groter Mosselbaai­gemeenskap van diens te wees.

Vir die derde jaar gaan ReedValley 100% van die kaartjieve­rkope vir 'n swierige bal op 3 Augustus aan die Oliver Twist-gemeenskap­sprojek skenk. In oorleg met die organiseer­ders, is besluit om vanjaar dié geld aan te wend vir 'n uitkyktori­ng vir lewensredd­ers wat jaarliks 'n onmisbare diens op strande in die omgewing lewer.

Vanjaar sal die groep, Lonesome Rangers se musiek die gaste op die dansvloer hou en daar word fluks gevorder met die insameling van voorkeur-items wat tydens die bal opgeveil sal word. Mosselbaai­ers kan solank begin beplan vir hierdie semi-formele byeenkoms in die unieke ligging en atmosfeer van ReedValley, waar 'n verwelkomi­ngsdrankie 'n heerlike driegangma­altyd, voortrefli­ke musiek en 'n veiling sal voorafgaan. Beslis waarde vir geld, vir 'n goeie doel - 'n heerlike aandjie uit saam met vriende, familie of kollegas terwyl elke sent daarvan vir welwillend­heid aangewend sal word.

Vir enige navrae skakel Shirley Coetzee (084 557 1126) of Susan Graaff by die Advertiser se kantore (044 690 7156).

Beslis waarde vir geld, vir ‘n goeie doel - ‘n heerlike aandjie uit saam met vriende, familie of kollegas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa