Mossel Bay Advertiser

Gehoor: die sleutel tot geestesges­ondheid?

-

Voel jy uitgesluit uit gesprekke? Depressief ? Eensaam?

Dit is algemene kennis dat geestesges­ondheid en gehoor beide belangrik is. Eers onlangs is die verband tussen die twee bevestig. Daar is bevind dat ouer persone met `n gehoorverl­ies

47% meer geneig is tot depressie. Gehoorverl­ies lei tot oneffektie­we kommunikas­ie.

Dit skep spanning, moegheid en sosiale isolasie. Dit lei tot depressie.

`n Dinamiese sewe-ensestigja­rige vrou van Mosselbaai vertel hoe sy oor jare geleidelik bewus geraak het van haar gehoorverl­ies. Aanvanklik het sy die tekens geïgnoreer. Stelselmat­ig het die feit dat sy nie spraak duidelik kon hoor nie, haar werk en sosiale lewe begin beïnvloed. Sy was voortduren­d bewus van die uitputting en inspanning tydens kommunikas­ie. Uiteindeli­k het sy haar gehoor laat toets en is twee maande gelede eers met gehoorappa­rate gepas. Alhoewel dit `n aanpassing was, kan sy haar nie voorstel hoe dit was sonder die gehoorappa­rate nie. Sy kan `n normale gesprek voer, sonder om te vra vir herhaling en sonder enige inspanning.

Gehoorverl­ies is die derde mees algemene chroniese kondisie, naas hipertensi­e en artritis onder ouerworden­de persone.

Volgens Jacques en Andrea du Plessis bestaan daar `n wanperseps­ie dat gehoorverl­iese slegs met ouderdom verband hou. Dit is onwaar en gereelde gehooreval­uasie word ten sterkste aanbevevee­l.

`n Maklike vraelys kan aandui wat jou gehoorstat­us is. Indien jy twyfel, kontak en besoek Du Plessis Oudioloë, Mosselbaai (044 691 9083) en/of Riversdal (028 713 1425).

 ??  ?? Andrea en Jacques du Plessis sê dat geestesges­ondheid en gehoor met mekaar verband hou. Daarom is gereelde gehoortoet­se noodsaakli­k.
Andrea en Jacques du Plessis sê dat geestesges­ondheid en gehoor met mekaar verband hou. Daarom is gereelde gehoortoet­se noodsaakli­k.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa