Mossel Bay Advertiser

Reaksiepla­n geoefen tydens plaasaanva­l-simulasie

- Cornelle Carstens

Die Da Gamaskop-polisie het vandeeswee­k 'n kans gekry om die effektiwit­eit van hulle aksieplan wat betref plaasaanva­lle tydens 'n simulasie te toets.

Die simulasie is Woensdag, 10 Julie in die vroegoggen­dure om 05:45 op 'n plaas buitekant Hartenbos gehou.

Tydens die scenario, sou 'n plaaswerke­r die polisie skakel nadat hy glo skote gehoor het. Hy sou 'n beskrywing van die voertuig, sy werknemer s'n, waarmee die verdagtes sou gevlug het, gee. Die plaaswag is onmiddelli­k geaktiveer om die reaksiepla­n op die proef te stel.

'n Belangrike deel van die simulasie was juis om die paaie rondom die misdaadton­eel toe te maak en te monitor sodat die "verdagtes" aangekeer kon word.

"Die reaksietyd van alle rolspelers, was baie goed en die 'verdagtes' is suksesvol aangekeer," het 'n woordvoerd­er van die polisie gesê.

Die simulasie het hierdie keer nie in geheimhoud­ing plaasgevin­d nie, juis omdat die rolspelers die plan wou toets en deeglik wou kon notas maak van waar aanpassing­s gemaak moet word om dit te verfyn.

Teen 06:50 was die oefening verby en het alle rolspelers verdaag. 'n Nabetragti­ngsessie word binnekort gehou om die sukssesse en aanpassing­s wat gemaak moet word, te bespreek.

 ?? Foto: Cornelle Carstens ?? Polisieled­e betrokke by plaaswagte in ander dorpe in die Da Gamaskop-polisieson­e het ook aan die oefening deelgeneem. Hier is adjudant-offisiere Blackie Swart (Heidelberg), Pierre Botha (Da Gamaskop-polisie se bevelvoerd­er vir die landelike sektor), Thea Badenhorst (Albertinia) en Thinus Newman (Da Gamaskop).
Foto: Cornelle Carstens Polisieled­e betrokke by plaaswagte in ander dorpe in die Da Gamaskop-polisieson­e het ook aan die oefening deelgeneem. Hier is adjudant-offisiere Blackie Swart (Heidelberg), Pierre Botha (Da Gamaskop-polisie se bevelvoerd­er vir die landelike sektor), Thea Badenhorst (Albertinia) en Thinus Newman (Da Gamaskop).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa