Mossel Bay Advertiser

Pieter Looch: bedankings­brief

-

Mike, Hester en Ernie-Mike Looch:

Ons wil graag die volgende bedank wat in hierdie hartseer tyd so baie vir ons beteken het. Ons Hemelse Vader wat hierdie lieflike seun vir 42 jaar vir ons gegee het. Al die dokters en mediese personeel by al die hospitale waar Pieter opgeneem was en wat so nou betrokke was.

Die besonderse hulp en liefde wat hy ontvang het van elkeen was ongeloofli­k. Dominee André Kritzinger wat met soveel liefde te enige tyd beskikbaar was. Vir Jan Lubbe en Freddie van Eden Begrafniso­ndernemers vir hul simpatieke en profession­ele hulp.

Aan familie en vriende wat ons ondersteun het op watter wyse ook al, weet dit het ons gedra deur hierdie tyd. Vir die wonderlike en baie, baie spesiale vriende wat Pieter gehad het en wat 'n kring van liefde om ons trek in hierdie tyd.

 ??  ?? Pieter Looch
Pieter Looch

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa