Mossel Bay Advertiser

Chris gegroet

-

Maroné Vosloo, skryf: ‘n Bekende inwoner en legende in Mosselbaai het sy geveg teen Alzheimer se siekte verloor.

Chris Swanepoel is op 30 Junie oorlede. Hy en sy gesin het in 1998 vanaf Bethlehem na Mosselbaai verhuis en was sedertdien ‘n aktiewe lid van die NG Kerk Moedergeme­ente waar hy betrokke was by sending, die bou van die kerk in die Joe Slovo-gemeenskap en sy passie, Bybelversp­reiding.

Chris het sy besigheid, CBS Trailers bedryf en daarmee saam die gemeenskap gedien. Hy was ‘n groot gees in die gemeenskap s polisiërin­gsforum en Citizens in Action Against Crime.

Sy roudiens was op 5 Julie in die NG Kerk Moedergeme­ente, Mosselbaai.

Hy laat sy vrou, Mariana, kinders en kleinkinde­rs agter. Sy gesin en familie sal hom onthou vir die wonderlike pa, oupa en man wat hy vir hulle was.

Die gesin wil in besonder dankie sê vir Adler's Nest en Suster Theresa, Ds Henri, Dr Ben en Avbob. Dankie ook vir elke SMS, WhatsApp, besoek, ondersteun­ing en blomme.

 ??  ?? Chris Swanepoel
Chris Swanepoel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa