Mossel Bay Advertiser

Vrywillige­rs bedank

-

Ampie Reinecke van Mosselbaai, skryf: Ek wil al die vrywillige helpers, wat hom so wonderlik op Saterdag, 29 Junie bygestaan het met die afskop van sy Skydive Kiddie's Cancer Drive projek om fondse in te samel vir kinders wat direk of indirek deur kanker geraak word, by te staan, hartlik bedank.

Salome Niemann van Mooiste Jy, ons projek se ambassadeu­r, vir al die reelings, fotos, videos, bemarking en bewusmakin­g. Dankie Anina, Cindy en Jenine van die Kankervere­niging vir julle toegewyde ondersteun­ing. Dankie Desre van Logo Studio vir die hempies, vlaggies en geel kanker strikkies.

Baie dankie aan ons borge, Robbie en sy twee seuns van Motocare, asook Annelie en Marcel Augustyn. Julle ruim bydraes het dit moontlik gemaak om my te laat spring, 'n kameraman en aanbieder van Kwela, asook Efraim Hassim, 'n kanker survivor, saam met ons in die vliegtuig te kon neem, asook die klub se kameraman, wat saam met my gevryval en 'n volledige video van die vryval geneem het.

Groot dankies aan die volgende; my ou groot vriend, Greg Mitchell vir die openingsge­bed. Monica van Skydive MB sommer vir ALLES. Salome vir haar live video. Dr Pieter Steenkamp, wat as uroloog nou ongeveer elf jaar aan die gang hou en dr Riaan Jacobs, ortopedies­e chirurg, wat 'n groot aandeel in my projek het.

Gigis Deli vir die heerlike platter. Anton vir die fotos die hele Kwêla-span, vir julle totale toewyding, begrip en profesiona­litet, dit was vir ons 'n voorreg om julle hier te hê.

'n Baie spesiale dank aan al die kinders, hulle ouers en groot ouers wat my dag so spesiaal gemaak het. Julle is vir ons kosbaar.

Dankie Mossel Bay Advertiser vir julle volgehoue steun aan ons projek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa