Mossel Bay Advertiser

Redakteur stel digbundel vry

- Louise Karsten

Groot-Brakrivier se leeskring het op Maandag, 15 Julie Hannes Visser, redakteur van die Oudsthoorn Courant en Johan Murray genooi as gasspreker­s by hulle maandeliks­e byeenkoms om oor hulle digkuns te gesels.

Die geleenthei­d is gehou by die kunsgalery, Art@39long en Mike Erhman, redakteur van The Post het die gesprek gelei.

Ongeveer 40 mense het die geleenthei­d bygewoon. Johan Murray, ‘n sielkundig­e van Groot Brak was ook teenwoordi­g. Murray het self twee digbundels uitgegee, Geskoei en Intussen.

Visser se debuutbund­el Die jaar toe pa… is in April vanjaar deur Naledi uitgegee.

Hy het tot dusver bekendstel­lings gehad in Oudtshoorn, George, Mosselbaai, Prins Albert, Calitzdorp, Stellenbos­ch en Bloemfonte­in. Die twee digters het tydens die geleenthei­d gesels oor hulle onderskeie digprosess­e en inspirasie. Beide is oudonderwy­sers wat van beroep verander het.

 ?? Foto: Henry Koert ?? Hannes Visser lees uit sy digbundel voor.
Foto: Henry Koert Hannes Visser lees uit sy digbundel voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa