Mossel Bay Advertiser

Jan en Casper klok die wenners

-

Jan Rousseau het die afgelope Saterdag behoorlik skoonskip gemaak in die Mosselbaai-duiweklub deur die eerste drie plekke asook die sesde en sewende plekke in die jaaroud-afdeling in die wedvlug vanaf Britstown (412km) in te palm.

Gert Wessels se duiwe is ook op vorm en neem die derde en vierde plekke in.

Casper le Grange palm sy eerste wen van die seisoen in toe hy die ope afdeling met 'n kortkop voor Wickus Pretorius (Anouk) wegraap. Casper wen die ope met agt sekondes. Christo Pretorius klok 24 sekondes na Casper om die derde plek in te neem en Faunty Gillmer (Gillroy) en Gert Wessels beide 25 sekondes later om onderskeid­elik die vierde en vyfde plekke in te neem.

Die duiwe word môre, Saterdag 20 Julie, op Prieska gelos.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa