Mossel Bay Advertiser

Barbarians weer op die wenpad

-

Barbarians se vyftiental het Saterdag, 13 Julie op Plettenber­gbaai ‘n begeesterd­e Jaguars-span die loef afgesteek en met 46-32 oortuigend gewys dat die span weer op die wenpad is.

Dit was allermins ‘n maklike oorwinning en tot in die tweede helfte moes ondersteun­ers naelskou voordat Barbarians met ‘n paar skitterend­e drieë die punte opgestapel het.

Whalon Anthony, Barbarians se heelagter het die Jaguars laat rondstaaan met sy uithalersp­el. Die skakelpaar Curtley Kiewiet en HennBotha is besig om in ‘n sterk eenheid te ontwikkel. Curswin Mono, Barbarians se jong Arend wat Vrydagaand boonop ‘n wedstryd vir die Arende gespeel het, was ‘n inspirasie op die veld en het onmiddelli­k die spelpeil van die span gelig.

Die voorspeler­s raak ook net beter, maar die losvoorspe­lers met Buffel en Bekker moet beslis genoem word. Dié twee het met oortuiging gespeel.

“Die derde- en tweedespan­ne het weer eens goeie rugby opgedis en die fondasie vir die senior span gelê,” sê Barbarians-voorsitter, Dawid Kamfer.

Barbarians, wat môre, Saterdag 20 Julie by die D’Almeidaspo­rtgronde die Silver Stars pak, sal wil seker maak van ‘n oorwinning onder die ligavoorlo­pers in te skuif.

 ??  ?? Henn-Lin Botha was een van die Barbarians se planmakers teen die Jaguars van Plettenber­gbaai.
Henn-Lin Botha was een van die Barbarians se planmakers teen die Jaguars van Plettenber­gbaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa