Mossel Bay Advertiser

Klubrugbyp­rogram

-

Twee klubrugbyw­edstryde in die Mic Fin Premierlig­a wek dié naweek groot belangstel­ling. Crusaders pak Heidelberg in Parkdene en die groot vraag is of die tuisspan genoeg skietgoed het om Heidelberg te stuit. Op sy tuisveld klop min spanne vir Heidelberg, maar in wegwedstry­de, weg van sy fanatiese ondersteun­ers, is dit gans 'n ander storie. Glo een ding: die hare gaan waai.

En die tweestryd tussen Evergreens en GrootBrakr­ivier kan ook sorg vir 'n riller.

Dit lyk of Progress effe sukkel en Blanco gaan hom deeglik op sy tuisveld in Rosemoor toets.

Só lyk die klubrugbyp­rogram (tuisspan eerste genoem):

(Saterdag 20 Julie) Progress teen Blanco Crusaders teen Heidelberg Groot-Brak teen Evergreens Maori's teen Jaguars Barbarians teen Silver Stars George teen Bridgton Mosselbaai het ’n loslootjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa