Mossel Bay Advertiser

Polisie neem saak van die jeug op

- Cornelle Carstens

Vroeër vandeeswee­k het polisieled­e gemoeid met sosiale misdaadvoo­rkoming, asook verskeie sektorbeve­lvoerders verteenwoo­rdigend van die Da Gamaskoppo­lisiesone se 11 polisiesta­sies in Mosselbaai vergader om strategieë te bespreek.

Kolonel Johnnie Stripp van die Da Gamaskop-polisieson­ekantoor het die vergaderin­g gelei.

Een van die eerste sprekers tydens die byeenkoms was Josie Domingo van die Mosselbaai Gemeenskap­sorkes. Hy het hierdie bekroonde blaasorkes se toekenning­s en trofeë uitgestal om die lede te wys waartoe die orkes instaat is.

Domingo het verlede jaar in opdrag van die bevelvoerd­er van die Da Gamaskoppo­lisiesone, brig Gerhard Jantjies betrokke geraak by dril- en musiekople­iding by Erika Primêre Skool in ‘n poging om weer dissipline onder die jeug te vestig, asook om ‘n gesonde, konstrukti­ewe tydverdryf daar te stel.

In samewerkin­g met die Da Gamaskoppo­lisie, het leerders van Erika Primêre Skool vir drie weke intensiewe opleiding gekry gedurende die winter skoolvakan­sie, waarna hulle ook geleenthei­d gekry het om op te tree in die openbaar. Hulle het ook kompetisie­blootstell­ing gekry.

Kolonel Johnnie Stripp van die sonekantoo­r het aan die lede teenwoordi­g die noodsaakli­kheid van programme gefokus op die jeug uitgestip.

Hy het gesê dat daar belê moet word in die dissipline van Suid-Afrika se toekomstig­e leiers en dat dril- en musiekople­iding

‘n voet in die deur is om ‘n belangrike opvoedings­taak te verrig.

Kolonel Stripp het voorts gesê dat die lede ook moeite moet doen om gemeenskap­spolisiëri­ngsforums by hierdie tipe inisiatiew­e betrokke te kry.

 ??  ?? Sektorbeve­lvoerders en sosiale misdaadvoo­rkomingsbe­amptes tydens ‘n strategies­e sessie rakende jeugontwik­keling vroeër vandeeswee­k. Staande inks is kolonel Johnnie Stripp, sameroeper van die byeenkoms.
Sektorbeve­lvoerders en sosiale misdaadvoo­rkomingsbe­amptes tydens ‘n strategies­e sessie rakende jeugontwik­keling vroeër vandeeswee­k. Staande inks is kolonel Johnnie Stripp, sameroeper van die byeenkoms.
 ??  ?? Josie Domingo van die Mosselbaai Gemeenskap­sorkes spreek lede van die polisie toe. Voor hom is van die orkes se toekenning­s.
Josie Domingo van die Mosselbaai Gemeenskap­sorkes spreek lede van die polisie toe. Voor hom is van die orkes se toekenning­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa