Mossel Bay Advertiser

Hollandse kontrak wag op rugbyspele­r

- Cornelle Carstens

Mosselbaai­er Taswin Kayster (20) tans verbonde aan die Bloem Rugby Akademie, het na sy deelname aan die pas afgelope World Youth Rugby Festival (WYRF) in Kalifornië, VSA ‘n rugbykontr­ak in Holland losgeslaan.

Taswin het onlangs nog na borge gesoek om die toernooi in Kalifornië by te woon en nou staan hy reeds met die voet in die stiebeuel om in Augustus in Holland aan te meld.

Taswin het ook tydens die toernooi ‘n toekenning ontvang vir die meeste drieë gedruk, ‘n totaal van agt. Hy vertel dat hulle span baie gou goeie en sterk bande gevorm het wat tot hulle sukses op die veld gelei het. “Ons was soos broers, daar was net dadelik ‘n konneksie tussen ons.”

Tydens die toernooi, het Taswin en sy spanmaats op die kampus van die Universite­it van Suid-Kalifornië gebly. Hy vertel van enkele uitstappie­s na Hollywood en South Beach. “Ek het nog nooi in my lewe so ‘n mooi plek gesien nie.” Al wat hom wel ‘n bietjie afgesit het, is dat die veldopperv­lak afgesteek het. Volgens Taswin is die velde pragtig, maar het die kunsgras veroorsaak dat hy tydens ‘n duikslag of twee ‘n paar aansienlik­e skaafplekk­e opgedoen het.

Spanne van Amerika, Engeland, Samoa, Fidji en ander Suid-Afrikaanse spanne het ook aan die toernooi deelgeneem. Volgens Taswin was die span van Samoa hulle gedugste teenstande­rs. “Hulle het ons werklik ‘n harde tyd gegee. Die Samoane is fisiek en baie solied op die veld.” Tens pyte hiervan, het sy span die Samoane geklop tydens hulle kragmeting.

Taswin, getrou aan sy persoonlik­heid, gaan die meeste van sy speeltyd in Holland maak. Hy het egter ook die vooruitsig dat die Universite­it van Suid-Kalifornië, waar die spelers tuisgegaan het, hom moontlik oorweeg vir ‘n sportbeurs om daar te gaan studeer. “Ek het nooit hierdie dinge verwag nie. Die afgelope vyf jaar was hard en ek het dikwels gesukkel. Maar ‘n mens moes geduldig wees. Jou tyd gaan kom en nou - nou is mý tyd.”

Hy sal die seisoen in Holland speel en dan kyk watter geleenthed­e ontwikkel daaruit.

Taswin is baie dankbaar tenoor al die borge wat sy deelname aan die toernooi moontlik gemaak het, by name die Mosselbaai­munisipali­teit en die Garden Route Casino.

 ??  ?? Taswin Kayster (met bal) in aksie tydens die World Youth Rugby Festival (WYRF) in Kalifornië, VSA.
Taswin Kayster (met bal) in aksie tydens die World Youth Rugby Festival (WYRF) in Kalifornië, VSA.
 ??  ?? ‘n Trotse Taswin met sy toekenning.
‘n Trotse Taswin met sy toekenning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa