Mossel Bay Advertiser

Wêreldroem, BO

maar Mosselbaai bly

- Cornelle Carstens

Môre, loop die Wêreldbeke­r rugby droom ten einde. Vir sommige, ongeag die eindtellin­g, is dit eind goed, alles goed.

Een so iemand, is waarskynli­k Schalk Brits, op 38, die tweede oudste speler in die toernooi naas Luke Thompson van Japan. Die Mossel Bay Advertiser het met Schalk se ma, Maryna gesels op die vooraand van die eindstryd teen Engeland.

Schalk het na jare as deel van die Saracens-rugbyklub in Engeland uitgetree. Hy het in 2015 deelgeneem aan die Wêreldbeke­r rugby toernooi vir Suid-Afrika. Maar het in 2019, so te sê na sy "aftrede" uit rugby 'n selfs groter rol in die Springboks­pan gespeel onder aanvoering van Rassie Erasmus in die aanloop ná en tydens die Wêreldbeke­r rugby toernooi in Japan.

"Natuurlik is dit vir ons baie lekker en 'n groot satisfaksi­e, soos dit vir enige ouer sou wees, om te weet jou kind se drome het waar geword." Uit die aard van die saak, is dit immers menige jong seun wat rugby speel se droom om by' n Wêreldbeke­r rugby toernooi 'n buiging te maak. Dít is duidelik uit foto's wat onlangs op sosiale media versprei is van 'n jong Siya Kolisi en Faf de Klerk, wat as trotse skoolseuns langs hulle helde poseer terwyl hulle onderskeid­elik die handtekeni­nge van Schalk Burger en Joost van der Westhuizen kry.

Maryna sê dat hulle strewe as ouers nog altyd was dat daar 'n Schalk ná rugby moet oorbly. "Ons wou sien dat hy 'n aangename, deernisvol­le mens moet wees wat tyd het vir kinders, oumense en wie ook al anders. Vir ons is dit eintlik die grootste riem onder die hart om te kon sien hoe hy die mees geliefde speler tydens vanjaar se toernooi geword het."

Sy sê Schalk vat alles met 'n glimlag. En dít spreek vanself uit die foto's wat oraloor in die media verskyn het.

"Schalk het 'n groot taak onder die jong spelers gehad om hulle voete op die aarde te hou. Rassie kon hom goed daar gebruik, omdat hy ouer is en omdat ander dinge in die lewe ook vir hom saakmaak."

Maryna sê as eggenoot en veral pa, is dit vir Schalk swaar om weg van sy vrou en drie seuns, LukeJames (3), Hunter (5) en Christian (7) te wees. In al die jare wat Schalk rugby speel, sê Maryna, was daar nog nooit iets wat met sy rugbyloopb­aan te doen het wat in hom en sy vrou, Colinda se huis uitgestal is nie. "Vir hom gaan alles oor familie en om die kinders so normaal moontlik groot te maak, soos hy is."

Die seuns is immers nou ouer en weet hulle pa speel rugby in 'n ver plek en dat hy binnekort terugkom. "Hy werk eers weer in Januarie en sien vreeslik uit om weer net met sy gesin tyd te spandeer."

Maryna sê wat nog altyd kernbelang­rik was vir Schalk is die liefde en ondersteun­ing wat hy uit Mosselbaai ontvang het. "Die mense is só ondersteun­end en hulle stuur soveel boodskappe. Mosselbaai is mos maar Schalk se geliefde plek."

Sy sê hy kom maak 'n draai in Desember. En dan sal hy, soos hy altyd doen, sy draaie maak en "almal gaan sien wat hom graag wil sien".

 ??  ?? Met sy seuns Christian (7), Hunter (5) en Luke-James (3).
‘n Foto geneem tydens ‘n laaste oefensessi­e in Japan vandeeswee­k. “Dit was gister (Woensdag, 30 Oktober) met sy heel laaste oefen... nou klaar,” het Schalk se ma, Maryna oor dié foto gesê.
Met sy seuns Christian (7), Hunter (5) en Luke-James (3). ‘n Foto geneem tydens ‘n laaste oefensessi­e in Japan vandeeswee­k. “Dit was gister (Woensdag, 30 Oktober) met sy heel laaste oefen... nou klaar,” het Schalk se ma, Maryna oor dié foto gesê.
 ??  ?? “Schalk vat alles met ‘n glimlag,” meen sy ma, Maryna. Hier is hy tussen aanhangers tydens die Wêreldbeke­rrugbytoer­nooi
2019 in Japan.
“Schalk vat alles met ‘n glimlag,” meen sy ma, Maryna. Hier is hy tussen aanhangers tydens die Wêreldbeke­rrugbytoer­nooi 2019 in Japan.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa