Mossel Bay Advertiser

Nuwe vuur brand

- Jannie du Plessis

Die jaarlikse Kansa Relay For Life wat Saterdag en Sondag, 26 en 27 Oktober by die ATKV se amfiteater in Hartenbos gehou is, was weer eens 'n groot sukses.

Die wenspan vanjaar was die Hillies-span wat met 'n onblusbare en inspireren­de gees, hulle plek as die top fondsinsam­elaars van die geleenthei­d, verdedig het. Hulle het bykans R20 000 bygedra tot vanjaar se Relay For Life. Die gasspreker was Burre Burger van Droogtehul­p SA. Verskeie plaaslike kunstenaar­s het seker gemaak dat daar vir almal iets sags op die oor was tydens die groot stap. Die program het Saterdag om 17:00 afgeskop met valskermsp­ringers wat op die veld geland het.

Burre Burger het die eregaste, die kankeroorw­innars, die versorgers, onderburge­meester raadsheer Dirk Kotzé, die aflosspann­e, gaskunsten­aars en elke besoeker verwelkom. Dominee Henri Meyer van die Mosselbaai NG-gemeente het die skriflesin­g waargeneem waarna raadsheer Kotzé 'n boodskap gebring het aan die oorwinnaar­s en die versorgers.

John Haas het die landslied gesing waarna die voorsitter van die Kansa Relay For Life Mosselbaai, Ernie Jacobs, 'n paar woorde gespreek het. Burger het toe die Kansa Relay For Life-eed voorgelees. Die voorsitter van Oudtshoorn, Japie Coetzee het die vlam van hoop oorhandig aan Ernie Jacobs, waarna hy en 'n kankerpasi­ënt die groot vlam van hoop aangesteek het wat deur die nag gebrand het.

Die hoogtepunt was natuurlik die luminaria-seremonie wat baie emosioneel was. Gedurende hierdie geleenthei­d word diegene wat hul stryd teen kanker verloor het gedenk. Tydens die aand was daar verskeie temarondte­s, soos 'n rondte van stilte, 'n driebeen-rondte, 'n kombers-rondte, sakresies en vele meer wat deur beoordelaa­rs beslis is.

Sanger Vernon Barnard het later die aand mense trakteer met sy sang. Ander kunstenaar­s wat opgetree het sluit in Mariena Stander, Arisa, John Haas, Amoré Barnard, Onblusbaar, Juandré Barnard, Magnus, Dihandri en JP Ellard het die stappers gedurende die aand vermaak.

Die prysuitdel­ing is die Sondagogge­nd om 05:00 gehou met moeë, koue stappers met seer lywe wat reeds uitgesien het na 'n dag van slaap inhaal. Daarna het die 2019 Kansa Relay For Life Mosselbaai amptelik geëindig en het baie deelnemers met moeë lywe huis toe gegaan.

Die Kansa Relay For Life is 'n wêreldwye gebeurteni­s waar spanne oor 'n tydperk van 12 ure 'n aflos om 'n baan stap en waartydens ten minste een van die spanlede ten alle tye op die baan moet wees.

 ?? Foto’s: Jannie du Plessis ?? Die Hillies is aangewys as die wenspan met die meeste gees en het bykans R20 000 vir Kansa ingesamel.
Foto’s: Jannie du Plessis Die Hillies is aangewys as die wenspan met die meeste gees en het bykans R20 000 vir Kansa ingesamel.
 ??  ?? Vernon Barnard, bekend vanweë sy deelname aan saam met Ernie Jacobs (RFLkomitee­lid en die programlei­er vir die aand, Burre Burger van Droogtehul­p SA.
Vernon Barnard, bekend vanweë sy deelname aan saam met Ernie Jacobs (RFLkomitee­lid en die programlei­er vir die aand, Burre Burger van Droogtehul­p SA.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa