Mossel Bay Advertiser

GEBEURE / HAPPENINGS

-

Lyndansaan­d

Kom en geniet ‘n Cowboy-lyndansaan­d ten bate van ACVV Huis Elsjé.

Die kaartjies beloop R100 per persoon. Die drag is cowboy-styl. Die geleenthei­d vind op Saterdag, 2 November in die Mosselbaai-stadsaal plaas om 19:00. Bring jou eie piekniekma­ndjie.

Vir kaartjies, skakel Huis Elsjé (044 690 3144).

Houtwerker­sgilde vergader

Lede van die Houtwerker­sgilde vergader op 5 November om 18:00 by Katjiepier­ingstraat 27, Hartenbosh­euwels.

'n Interessan­te video sal vertoon word en daarna volg 'n bring en braai.

Vir navrae kontak vir Sias by 082 821 7164 of 044 695 0872.

Mosselbaai GPF-vergaderin­g

Die algemene jaarvergad­ering van Mosselbaai se gemeenskap­spolisiefo­rum (GPF) vind op Donderdag, 7 November om 17:00 in die Mosselbaai speurdersl­okaal plaas. Almal welkom. Vir navrae kontak Leon van Dyk (082 651 6228).

Barbarians hou vergaderin­g

Die Barbarians­rugbyklub hou op 7

November om 18:30 hulle algemene jaarvergad­ering in die D'Almeidagem­eenskapsaa­l.

Kom vors jou familie na

Die Genealogie­se Genootskap van SuidAfrika (GGSA) is ywerig om nuwe lede wat belang stel in familienav­orsing in die Suid-Kaap te werf.

Die volgende gespreksgr­oep vind op Maandag, 11 November om 14:00 aan huis van Sias Coetsee, plaaslike gespreklei­er, by Katjiepier­ingstraat 27 in Hartenbosh­euwels plaas.

Vir navrae en om bywoning te bevestig kontak Sias by 082 821 7164 of 044 695 0872.

Polisiefor­um hou jaarvergad­ering

Die Da Gamaskopge­meenskapsp­olisieforu­m hou op 12 November hulle algemene jaarvergad­ering om 18:30 in die Portao Diaz Hotel se konferensi­elokaal.

Geloofsbri­ewe moet voltooi en ingehandig sewe dae voor die verkiesing 'n aanvang neem.

'n Nuwe bestuur word verkies wat vir die volgende vyf jaar aan die stuur van sake sal wees.

Vir navrae kontak Linden Baker (079 036 7130), Philip Mattheus (082 378 8277) of sers Johnathan Jansen (082 821 0538).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa