Mossel Bay Advertiser

Polisie behaal sukses met vonnisse

-

Uitstekend­e ondersoekw­erk en getuienisl­ewering deur lede van die Da Gamaskop-polisie het gelei tot die skuldigbev­inding en vonnisople­gging van twee misdadiger­s in die plaaslike landdrosho­f.

Op 15 September 2015 om 07:00 het 'n man, Indiphile Shasha (23) nadat hy by sy werk in die pad gesteek is, om 13:00 opgedaag om sy betaling te eis. Hy het 'n vrou op die perseel met 'n mes gedreig en 'n kontantbed­rag uit die kasregiste­r geneem. Adjudant-offisier Craig Desmore het die man inhegtenis geneem en op die kontant bedrag beslag gelê. Shasha is op 11 Oktober in die Mosselbaai-streekhof tot vyf jaar gevangenis­straf gevonnis weens roof met verswarend­e omstandigh­ede.

Die saak is suksesvol ondersoek deur kst Nelly Manyhonta van die speurafdel­ing.

Op Sondag 3 Junie 2018 om 21:30 het twee lede van die Da Gamaskop-polisie, sers Dayle Brandt en konst Lionel Blaauw 'n suksesvoll­e optrede teen misdaad gedoen in Qoqostraat in die Joe Slovo-woongebied. 'n Beskuldigd­e, Manwasi Mapu is in hegtenis geneem vir die besit van sewe mandraxtab­lette. Op 10 Oktober is die beskuldigd­e in die streekhof op Mosselbaai gevonnis tot drie jaar gevangenis­straf.

Die saak is suksesvol ondersoek deur sers Sonja du Plessis van die stasie se speurafdel­ing. Die waarnemend­e stasiebeve­lvoerder, lt kol Maurice van Egmond het die lede gelukgewen­s met hulle goeie werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa