Mossel Bay Advertiser

Geweld lei tot ernstige beserings

-

Verskeie voorvalle van geweld het gedurende die afgelope ses maande plaasgevin­d wat gelei het tot ernstige beserings of lewensverl­ies, berig kaptein Wollie Fourie van die Da Gamaskop-polise.

In die meeste gevalle was die slagoffers geroof of uitgelok tydens voorafgaan­de argumente.

'n Onlangse voorval was die lewensverl­ies van twee tieners, beide aan dieselfde skool. Michaela Booysen (17) en Khuselo Ndanda (16), beide van Hillcrest Sekondere Skool, is vermoor in Oktobermaa­nd tydens onverwante voorvalle.

"Daar rus 'n groot verantwoor­delikheid op die polisie maar nog 'n groter een op die gemeenskap en buurtwagte om strukture in plek te kry en 'n gesindheid van verdraagsa­amheid en respek te kweek. Elke slagoffer is iemand se kind," sê kapt Fourie.

Die trauma en verdriet by ouers vat 'n leeftyd om te verwerk. Gesinsgewe­ld begin by elke woning en verhouding in gesinsverb­and. Die afgelope naweek tussen 01:00 en 05:00 was inwoners by twee voorvalle op Joe Slovo-woongebied deur 'n groep oortreders, geklee in klapmusse oorval en beseer. Met die oog op die jaareinde en feesseisoe­n wil die polisie inwoners weer waarsku.

"Neem kennis van waar u kind is terwyl u by die werk is. Kontak die Da Gamaskoppo­lisie by 044 606 2200 om 'n afspraak te maak wat 'n verteenwoo­rdiger van Creating Effective Families na u woning kan stuur. Saam maak ons 'n verskil teen misdaad."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa