Mossel Bay Advertiser

Punt-atlete skitter

-

Altesaam 26 van Hoërskool Punt se atlete het die afgelope naweek aan die ASWD Talent ID-atletiekby­eenkoms, aangebied deur Atletiek SWD, in Oudtshoorn deelgeneem.

Die doel van hierdie byeenkoms is om talent te identifise­er en atlete ‘n goeie afsluiting tot die seisoen te gee.

Punt se atlete het baie goed gevaar en baie goeie uitslae, tye en afstande is gelewer.

Twintig gouemedalj­es, 11 silwer- en ses bronsmedal­jes is verower.

Die wenners was:

Anika Beukes meisies o/15 goud (100m, 200m)

Anika Snyders meisies o/15 goud (spiesgooi)

Jandri Snyders meisies o/15 goud (800m)

Shane Snyders meisies o/18 goud (hamergooi)

Aronne Erasmus goud seuns o/18 (110m), silwer (200m) Stembiso Dhlamini goud seuns o/18 (100m-hekkies), goud (200m)

Mario Swanepoel goud seuns o/15 (hamergooi)

Dylan Boshoff goud seuns o/15 (gewigstoot, diskus)

Lucky Tshawe goud seuns o/15 (300m-hekkies), silwer (verspring), brons (100m) Liam Kannemeyer seuns o/18 silwer (100m), silwer (200m) Brenden Scutte seuns o/18 goud (800m)

JB Fivaz seuns o/15 goud (spiesgooi), silwer (diskus), brons (hamergooi)

SP Fivaz seuns o/15 goud (spiesgooi), silwer (gewigstoot) Girard September seuns o/18 goud (driesprong), silwer (100m-hekkies)

Lee-Roy Muller seuns o/15 goud (400m), silwer (200m)

HJ Nell seuns o/15 silwer (800m) Herman Knoetze seuns o/18 goud (800m) Reinhardt Nel seuns o/15 goud (verspring)

Andre Hattingh seuns o/15 brons gewigstoot

Tyron Viljoen seuns o/15 silwer (spiesgooi)

Abigail Figland meisies o/18 goud (driesprong), silwer (verspring)

Carmel Treurnicht meisies o/18 silwer (driesprong) Courtney Williams meisies o/18 brons (verspring) Jonique Erasmus meisies o/18 goud (verspring)

Sameer Matthews mans o/20 goud (100m), brons (200m)

Atletiek, gedurende 2019, was verseker ‘n suksesverh­aal by Punt; elke naweek was daar goeie deelname teen top skole in die land.

Meneer Foreman wil graag elke ouer, ondersteun­er, borg en die belangriks­te, die afrigters en atlete, bedank vir hulle harde werk. "Ons sien uit na die 2020-seisoen."

 ?? Foto: Boshoff Photograph­y ?? Herman Knoetze
Foto: Boshoff Photograph­y Herman Knoetze

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa