Mossel Bay Advertiser

Meer vrae ontstaan rondom Kotzé se waarneming

-

Nico skryf:

Die berig “Plaaslike kommentaar op DAroeringe” in die Mossel Bay Advertiser van 25 Oktober verdien verdere kommentaar.

In die berig sê raadsheer Kotzé dat hy groot vertroue in Zille en haar leierskap het en “sy is 'n baie effektiewe leier en het nog net goed gedoen vir die party”.

Ongelukkig skilder Zille se politieke geskiedeni­s 'n heel ander prentjie as 'n effektiewe leier as daar na die volgende gebeure in haar DA-loopbaan sedert 2007 gekyk word.

Patricia de Lille word in Augustus 2010 oorgehaal deur onder andere Zille om by die DA aan te sluit, maar in Mei 2018 word haar DA-lidmaatska­p opgeskort en sy bedank as Kaapstad burgemeest­er op 31 Oktober 2018 na 'n uitgerekte stryd met die DA leierskap.

In 2011 is Zille instrument­eel om Lindiwe Mazibuko verkies te kry as DA-parlementê­re leier. Hierdie verhouding ly skipbreuk in 2014 toe

Mazibuko verklaar dat Zille haar ondermyn het waarna sy in Amerika gaan studeer.

In 2014 nader Zille dr Mamphele Ramphele van die Agang-party as amptelike presidensi­ële-kandidaat – dit was 'n volslae mislukking waarvan niks gekom het nie.

Mmusi Maimane word as DA-leier in 2014 verkies met Zille se ondersteun­ing maar na slegs vyf jaar word die spreekwoor­delike mat ook onder hom uitgeruk.

Behalwe voorafgaan­de fiaskos was daar ook die bedankings van Athol Trollip, DA-federale voorsitter, Herman Mashaba burgemeest­er van Johannesbu­rg, Jonathan Moakes die verkiesing­sveldtogbe­stuurder en Paul Boughey - Hoof Uitvoerend­e-beampte. Al hierdie bedankings het

plaasgevin­d terwyl Zille die leier was of in leierskap posisies in die Party.

Indien die gebeure in Zille se tyd 'n voorbeeld van 'n “baie effektiewe leier” is, laat daar baie vrae ontstaan rondom raadsheer Kotzé se waarneming aangaande die “net goed wat sy vir die Party gedoen het”.

'n Effektiewe leier is 'n spanbouer – nie 'n verdeler.

Uitvoerend­e onderburge­meester, raadsheer Dirk Kotzé, reageer:

Die wonderlike deel van die SuidAfrika­anse publiek is dat daar altyd sterk opinies is op feitlik elke onderwerp. Daar is egter 'n uitdrukkin­g wat sê: Kyk na die telbord.

In die gees van die komende naweek se rugby wil ek die skrywer graag herinner aan hoe uiteenlope­nd die opinies was oor die kapteinska­p van John Smit en of hy sy plek in die Bokspan verdien, al dan nie. Min mense onthou deesdae daardie debatte en onthou hom as die kaptein wat ons gelei het tot oorwinning in 2007.

Deur na die telbord te kyk onder Helen Zille, sal dit duidelik aandui dat sy as partyleier die vinnigste en grootste groei help bewerkstel­lig het vir die DA. Sy het ook haarself bewys as seker die beste Premier in Suid-Afrika sedert 1994 en een van die top streeksreg­erings ter wêreld gelei in ag genome die sosiale en ekonomiese uitdagings. Sy was ook in 2008 aangewys as die beste burgemeest­er ter wêreld. Die toekenning was eenparig gemaak deur City Mayors, 'n Internasio­nale Plaaslike Regeringsa­ke Organisasi­e.

Die skrywer is dus geregtig tot sy opinie en is welkom om dit te opper - gesonde, konstrukti­ewe debat is nodig. Ons as DAlede is egter gemaklik met die verkiesing van Helen in haar nuwe rol en sien uit na die nuwe hoofstuk van die party met haar asook die inkomende leier (wat 17 November verkies word) aan die stuur.

Een ding waarvan ek egter seker is, is dat ons beide bankvas agter Siya Kolisi en die Springboks­pan staan komende Saterdag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa