Mossel Bay Advertiser

Seëvier, ook oor seer

- Cornelle Carstens

Helena Haasbroek is nie enige hierjy nie. Op 53 is sy tans die top vrouetenni­sspeler in die Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns in haar kategorie. Tydens die kampioensk­ap wat in Oktober in Bloemfonte­in gehou is, het sy goud ingepalm en ook 'n bronsmedal­je in die vrouedubbe­ls.

Helena was haar lewe lank nog sportief en het vir vyf jaar, vyf verskillen­de sportsoort­e beoefen. In al vyf het sy provinsial­e en nasionale kleure verwerf. Dit sluit in atletiek, hengel, liggaamsbo­u, fiksheid en tennis. Sy is ook 'n kranige rolbalspel­er.

Helena se triomf vanjaar, is ook 'n bietjie bittersoet. Haar groot liefde en lewensmaat, Fanie Niehaus is in Oktober

2018 oorlede. Fanie was 'n profession­ele gholfspele­r, maar na 'n motorongel­uk was hy rolstoelge­bonde as kwadruplee­g. Helena het hom in 2006 op die tennisbaan ontmoet waar hy rolstoelte­nnis gespeel het. Die res is 'n merkwaardi­ge verhaal van ware liefde en opoffering.

"Ons het saam begin reis vir Fanie se sport en ek het ook weer aktief begin deelneem." Helena was Fanie se regterhand en meer. Hulle was kookwater op die rolbalbaan en ook goeie kompetisie vir mekaar, vertel sy. Hulle het ook graag saam gehengel. "Fanie was selfstandi­g en kon nog baie goed vir homself doen. Mense is partymaal onder 'n wanindruk oor waartoe gestremdes in staat is." Na 'n rugoperasi­e in 2009, het Helena Fanie egter met selfs groter toewyding begin versorg. "Dit het alles baie spontaan en natuurlik gebeur. Hy was nooit vir my 'n las nie."

Daar is egter 'n aanloop tot Helena se tennistrio­mf vanjaar en Fanie is 'n groot deel daarvan. "Dit kom al van 2016 af. Ons gastehuis tydens die kampioensk­ap was nie rolstoelvr­iendelik nie. Fanie het nie lekker gebly nie. Dit was ongemaklik. Ek het my wedstryd aspris verloor sodat ons vroeër huis toe kon gaan." Dieselfde het in 2017 gebeur en in 2018, het sy glad nie deelgeneem nie. Fanie is intussen oorlede. Toe sy vanjaar gaan deelneem in Bloemfonte­in, was haar voorneme vas en gegrond op drie dinge. "Ek wou gaan om my man se lewe te vier. Ek wou myself gaan geniet en ek wou wen."

Na afloop van die kampioensk­ap het ander deelnemers haar tennis gekomplime­nteer. "Ek was eintlik vyf maande uit spel uit gewees en het 'n besering gehad."

Sy sê sy sukkel nog om na Fanie se dood haar voete te vind. Maar 'n wen, is 'n wen.

Helena is verbonde aan die Da Gamaskoppo­lisie.

 ?? Foto: ?? Sy is eintlik ‘n Federer-aanhanger, maar op versoek, byt Helena Haasbroek aan haar medalje soos Rafael Nadal sou doen.
Cornelle Carstens
Foto: Sy is eintlik ‘n Federer-aanhanger, maar op versoek, byt Helena Haasbroek aan haar medalje soos Rafael Nadal sou doen. Cornelle Carstens

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa