Mossel Bay Advertiser

Interdistr­ik-jukskei in Belville

- Sydney Stopforth

Vier interdistr­ikte jukskeitoe­rnooie vind jaarliks in die Wes- en Suid-Kaap plaas waarvan die eerste een verlede Saterdag in Bellville (WP distrik) gespeel is. Voorwaar ’n vreugde om op netjies versorgde sandputte aan te tree en jou skeie na die penne te werp.

Die volgende drie toernooie word op Sandbaai (Overberg distrik), Riversdal (Eden) en Wellington (Kaapse Wynlande) gespeel.

Die WP distrik wat verlede Saterdag se toernooi aangebied het was verantwoor­delik vir alle reëlings wat betref die program, maar moes ook instaan vir etes en verversing­s. Voormelde take het hulle deeglik met groot sorg uitgevoer.

Vyf en dertig spanne uit die vier distrikte het ingeskryf in onderskeid­elik A-, B-, Cen D-afdelings. In al die afdelings was die wedywering straf en was die punteversk­il onder veral die eerste drie posisies opmerklik klein. Geen wegholoorw­innings het getoon dat die spanne goed opgeweeg het teen mekaar. By tye is briljante houe gegooi wat uitstekend­e skofte tot gevolg gehad het. Daar is in alle afdelings meegeding om goud, silwer en brons medaljes.

Uitslae

Die eerste drie plekke in elke afdeling is soos volg.

A-afdeling:

1. KWL (Kaapse Wynlande) A1 (69); 2. Eden (63); 3. WP2 (61). B-afdeling:

1. WP B2 (72); 2. WP B1 (70); 3. Overberg B2 (65).

C-afdeling:

1. KWL C1 (68); 2. Overberg C1 (65½); 3. WP C1 (64½).

D-afdeling:

1. Overberg D1 (77½); 2. KWL D2 (75); 3. WP D2 (70½).

Na sewe ure se veeleisend­e spel in drukkende hitte was alle spelers moeg en uitgeput. Almal, veral die wenners van medaljes het uiteraard gelukkig en selftevred­e huiswaarts gekeer.

 ??  ?? Die Edenspan, wenners van silwermeda­lje tydens verlede Staerdag se interdistr­ik jukskeitoe­rnooi in Bellville. Van links is Buks Scholtz, Bossie Boshoff, Dolf Barnard en Sydney Stopforth.
Die Edenspan, wenners van silwermeda­lje tydens verlede Staerdag se interdistr­ik jukskeitoe­rnooi in Bellville. Van links is Buks Scholtz, Bossie Boshoff, Dolf Barnard en Sydney Stopforth.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa