Mossel Bay Advertiser

Robert Strydom speel uitmuntend­e gholf op gholfbaan

- Gholfer

Met 'n gholfbaan wat dag na dag groener en mooier word, is dit nie 'n verrassing dat die meeste spelers ook nuwe entoesiasm­e en vasberaden­heid aan die dag lê nie.

Pam Golding Eiendomme het op Woensdag, 23 Oktober as borg gesorg dat die spelers mekaar behoorlik opdraand in die individuel­e stableford­kompetisie gegee het. 'n Man wat reeds sy tagtigs bereik het, Robert Strydom, het hom uitmuntend van sy taak gekwyt en sy veel jonger teenstande­rs op 41 punte stert tussen die bene huis toe gestuur. Welgedaan Robert, jy is 'n waardige wenner.

André Lambrechts het ook 'n skitterend­e 40 punte aangeteken en is tans besig om weer sy allerbeste vorm na vore te bring. Nog 'n ou karperd, Brian Power, het ook sy stem dik gemaak en op 39 punte het hy derde geëindig.

Nog was dit nie die einde van Pam Golding se duursame pryse nie, want ook Wiekus Pretorius (39 punte), asook Hanlie de Villiers en Paul Gouws

(albei 38 punte) het ook prystafel toe gestap. Die hoogtepunt van die dag was egter toe een van ons jarelange Switserse "swaeltjiel­ede", Peter

Kalbermatt­en, op die vierde putjie 'n volmaakte gelukhou behaal het. Peter, veels geluk en nou weet ons jy sal nog vir baie jare vorentoe terugkeer Mosselbaai toe. Baie dankie aan Pam Golding Eiendomme en hulle vriendelik­e personeel vir 'n wonderlike gholfdag.

Saterdag

Die 130 spelers wat Saterdag, 26 Oktober deelgeneem het aan die beterbal syferplusk­ompetisie het heerlike oggendtoes­tande beleef, maar die

middag het winderige toestande die spel baie moeilik gemaak. Sam Gouws en

Piers Hitchner het +14 aangeteken en het op 'n drafstap die kompetisie gewen. Die tweede plek het aan Hennie Klopper en Pierre Botes (+11) behoort. Twee pare het op +10 hulle rondte voltooi, maar na die

uittelpros­es is Mervin Samboer en Alfred du Plessis derde geplaas met Charl de Villiers en Kosie Otto in die vierde plek.

Die komende naweek behoort vol opwinding te wees en met die wonderlike Springbokg­ees wat by die klub heers, is ons vol vertroue dat die Bokke

Saterdag die Webb Ellis-trofee omhoog gaan hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa