Mossel Bay Advertiser

Driekampse­isoen skop af in Groot-Brakrivier

-

Eden se driekampse­isoen het verlede Sondag op Groot-Brakrivier met 'n rekordgeta­l deelnemers afgeskop.

Die byeenkoms was die eerste Triathlon SA (TSA) gesanksion­eerde byeenkoms met heelwat nuwelinge wat vir die eerste keer deelgeneem het.

Verskeie van Eden se driekampat­lete het verlede seisoen op nasionale en internasio­nale vlak gepresteer en die Edenbestuu­r wil graag dié momentum behou.

In die naelren was Tim Toovey die eerste man oor die wenstreep met die jong Christian Hattingh kort op sy hakke. Gerrie Beukes was derde. Een van die gunsteling­e, Franna Vorster, het 'n pap wiel gekry en kon slegs 'n vierde plek haal.

In die vroue-afdeling het die ervare Tina van Wyk stof geskop in die oë van die jong Jessica Devine en Sunet Liebenberg, wat onderskeid­elik tweede en derde geëindig het.

Die volledige podiumuits­lae was as volg:

Naelren (750m-swem, 20km-fietsry, 5kmhardloo­p)

Mans:

1. Tim Toovey (01:04:43); 2. Christian Hattingh (01:05:47); 3. Gerrie Beukes (01:07:21).

Vroue:

1. Tina van Wyk (01:16:27); 2. Jessica Devine (01:19:01); 3. Sunet Liebenberg (01:19:57). Spankompet­isie:

1. Die span: Annemarie Cronje, Tanya Osborne en Madré van Zyl (01:12:53); 2. Super Duper: Anton Biehler, Sonja Biehler, Whayn Windwaai (01:15:57).

Super naelren (400m-swem, 10km-fietsry, 2.5km-hardloop)

Mans/seuns:

1. Joshua Vorster (00:36:35); 2. Morgan Jones (00:38:05); 3. Sebastian Swart (00:40:29).

Vroue/meisies:

1. Lomé Gouws (00:41:26); 2. Karli Lötter (00:44:29); 3. Leanne Viljoen (00:49:52).

Die volgende byeenkoms vir seniors (12 jaar en ouer) is op 1 Desember, wéér by

Groot Brak. Hierdie keer sal daar egter ook ‘n standaardw­edren bygevoeg word vir die langasems (1.5kmswem, 40km-fietsry en 10km-hardloop).

Almal is welkom, beginners ook. Diegene wat nie padfietse het nie, is welkom om met bergfietse deel te neem. Spanne is ook welkom om in te skryf en op ’n aflosbasis deel te neem.

Wat die jonger atlete (ouderdomme 3 tot 13 jaar) aanbetref, sal die volgende driekampby­eenkoms op Vrydag, 8 November by Laerskool George-Suid plaasvind as deel van 'n ontwikkeli­ngsliga vir laerskoola­tlete onder leiding van oudSpringb­ok-driekampat­leet, Franna Vorster.

Belangstel­lendes kan vir Corné Hattingh van Eden-driekamp kontak by 083 289 2544 of per e-pos by edentriath­lon@gmail.com. Hou ook gerus Eden Triathlon se facebookbl­ad dop vir driekamp- en dubbelkamp­nuus.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa