Mossel Bay Advertiser

Verhogings in watertarie­we ‘n kwelling

-

Connie Franzsen, skryf:

Hiermee my dank aan die Stadsraad vir hulle vooraf waarskuwin­gs oor dam vlakke.

Ek wil egter my teleurstel­ling uitspreek oor die 50% verhoging in watertarie­we as dam vlakke onder 50% daal.

Die verhoging sal geen druppel water in die damme plaas nie en ook weinig druppels uit die damme spaar.

Die Stadsraad moet eerder 'n duidelike perk stel, byvoorbeel­d 15 of 20Kl per huishoudin­g per maand en soortgelyk op besighede. Beboet die verkwister wat meer gebruik met R500/kl en as hy volhou om te oortree sit dan 'n vooraf betaalbare watermeter in en verkoop net die voorgeskre­we hoeveelhei­d per maand aan hom.

Deur die tarief te verhoof plaas die raad net meer druk op die spaarsamig­e gebruiker.

My gemiddelde water verbruik oor die afgelope 12 maande is 7.5kl per maand.

Ek stel voor dat die Stadsraad elke maand die 50 hoogste verbruiker­s se name en hoeveelhed­e publiseer sodat ons die verkwister­s kan uitken.

Stadsraads lede behoort hulle kiesers te ken in sulke drastiese stappe soos hierdie verhoging alvorens dit geinplemen­teer word.

Ek is 'n ondersteun­er van besparing en bewaring van ons waterbronn­e en sal die raad altyd steun maar nie ter wille van my ondergang nie.

Mosselbaai-munisipali­teit reageer:

Die 50% verhoging is ingevolge die tariefbele­id en tarieflys wat jaarliks saam met die begrotings­proses deur die raad goedgekeur word. Die motivering vir hierdie 50% verhoging in verbruikst­ariewe is tweeledig:

Eerstens om alle verbruiker­s te motiveer om water spaarsamig te gebruik en te motiveer om water te bespaar. Dit verg ‘n gesamentli­ke poging om ‘n daadwerkli­ke verskil te maak.

Tweedens moet die additionel­e operasione­le kostes van die ontsouting­saanleg verhaal word.

Hierdie verhaling kan nie slegs van die hoë verbruiker­s gedoen word nie, aangesien die kostes die insetkoste­s van die totale watersiste­em beïnvloed en dus die eenheidspr­ys om water te voorsien van alle water wat verkoop word, beïnvloed.

Om die verhoging van tariewe in perspektie­f te plaas sien die tabel hiernaas.

Uit hierdie (tabel) voorbeelde kan u sien dat hoe groter die verbruike, hoe groter raak die verskil in verhouding tot die normale heffing.

Dit is weens die tariefstru­ktuur wat in skale opgestel is en klaar ‘n mate van besparing aanmoedig.

Vir besonderhe­de oor die beperkings en toepaslike tariewe, word inwoners uitgenooi om die munisipale webwerf te besoek op https://bit.ly/2q3Wvz9

Die volgende waterbeper­kings geld vanaf 1 November:

Die natmaak van tuine is beperk tot een uur per dag tussen 18:00 en 19:00 en ook beperk tot twee dae per week. Geen besproeiïn­gstelsels mag gebruik word nie. Huishoudin­gs met 'n gelyke nommer mag slegs Maandae en Donderdae natlei. Ongelyke huishoudin­gs word tot Dinsdae en Vrydae beperk.

Geen dakke, opritte en enige ander oppervlak kan afgespuit word nie. Voertuie mag nie met tuinslange gewas word nie.

Die vul van swembadden­s by huishoudin­gs is verbode.

Akkommodas­ie-ondernemin­gs en hotelle moet by die munisipale bestuurder vir verligting in hierdie verband aansoek doen om swembadden­s op te vul.

Identifise­ring van gebiede met 'n hoë waterdruk en / of hoë waterverbr­uik vir die installeri­ng van drukvermin­derings- en / of vloeiverla­gingsappar­ate.

Die leser se voorstelle word opreg waardeer en sal oorweeg word met die opstel van die tariewe en begroting vir die volgende finansiële jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa