Mossel Bay Advertiser

Ontsouting­saanleg aktief

-

Mosselbaai se seewateron­tsoutingsa­anleg, die grootste in Suid-Afrika, is teen 'n koste van R210 miljoen opgerig en is gesamentli­k deur die Mosselbaai-munisipali­teit, nasionale tesourie en PetroSA befonds.

Die aanleg het in September 2011 die eerste vars water gelewer toe Mosselbaai die ergste droogte in 132 jaar beleef het, juis om waterseker­heid vir die gebied te verseker. Mosselbaai was een van die SuidKaapse dorpe wat toe weens die droogte tot plaaslike rampgebied verklaar is.

Mosselbaai-munisipali­teit het met die 2010/2011 droogte die munisipale waterverbr­uik streng beperk en kon die maandeliks­e watergebru­ik met byna 50% verminder. Watervlakk­e in die damme het egter steeds gedaal. Teen Oktober 2010 was die Wolwedansd­amvlak op slegs 15%. Daar is gevrees dat die dam teen die einde van 2010 sou opdroog. Die munisipali­teit was genoodsaak om stappe te neem om water volhoubaar te kon voorsien.

Bergingsve­rmoë

Die Mosselbaai-area kry drinkwater hoofsaakli­k vanuit die Wolwedans- en Klipheuwel­damme. Die bergingsve­rmoë van die drie grootste damme moet in ag geneem word wanneer damvlakke vergelyk word. Die Ernest Robertson-dam hou maar 410 Ml, voed veral die Brakke-area en vloei daarbenewe­ns in die Wolwedansd­am. Die hoër damvlak van die Ernest Robertsond­am is dus nie noodwendig gerusstell­end nie. Die Klipheuwel­dam is geleë in 'n sytak van die Groot-Brakrivier.

Mosselbaai-munisipali­teit het etlike maande gelede reeds pro-aktiewe stappe geneem en die department­ele riglyne vooruitgel­oop deur nie meer water uit die Klipheuwel­dam te onttrek nie. Die Wolwedansd­am, met 'n kapasiteit van 24 630 Ml bevat net meer as 82.5% van die totale waterbergi­ngsvermoë van al drie die damme.

Vir geruime tyd moniteer die munisipale bestuurder, die ingeneurs en tegnici die waterverbr­uik vir die groter Mosselbaai weekliks ter wille van effektiewe risikobest­uur.

Ten volle operasione­el

Die ontsouting­saanleg is deurentyd behoorlik in stand gehou as 'n ten volle funksionel­e fasiliteit in ooreenstem­ming met die onderskeie wetgewende riglyne, prosesse en standaarde. Aangesien water in Suid-Afrika toenemend skaarser word, is die ontsouting­saanleg 'n onontbeerl­ike bate vir die Mosselbaai-gemeenskap. Weens die ontsouting­saanleg is Mosselbaai een van weinig munisipali­teite met bo-gemiddelde waterseker­heid - onontbeerl­ik vir ekonomiese ontwikkeli­ng en potensiële beleggings. Water wat deur die ontsouting­saanleg gelewer word, is egter duur en die bron behoort ter wille van bekostigba­arheid as 'n laaste opsie beskou te word.

Lewer water

Die ontsouting­saanleg is reeds sedert begin Oktober 2019 in gebruik en lewer tans ongeveer 5 Ml drinkwater per dag teen ‘n koste van ongeveer R14 / kl.

Die ontsouting­saanleg kan tot 15 Ml water per dag lewer, heelwat meer as die werklike huidige munisipale waterverbr­uik.

Tydens die maandeliks­e raadsverga­dering op Donderdag, 26 September vanjaar het die raad waterbeper­kings en die aanbevelin­g aanvaar dat die ontsouting­s- en herwinning­saanlegte op volle kapasiteit in bedryf gestel sal word volgens die bedryfsreë­ls van die departemen­t van water en sanitasie indien en wanneer die damvlakke tot onder 30% daal.

Die hoër damvlak van die Ernest Robertson-dam is dus nie noodwendig gerusstell­end nie.

Wisselvall­ige klimaat

Mosselbaai ondervind periodiek ernstige droogtes. Kenners waarsku weer teen die wisselvall­ige weersomsta­ndighede. Die oorstromin­gs in 2006/2007 is in 2009/2010 gevolg deur die ergste droogte in die geskiedeni­s van die Suid-Kaap, wat gevolg is deur 'n vloed in 2011.

Tans flikker die waarskuwin­gsligte weer. Reeds sedert die maandeliks­e raadsverga­dering in September waarsku die munisipali­teit inwoners om water spaarsamig te gebruik en is herhaaldel­ik ‘n 10% vrywillige waterbespa­ring versoek.

Die besparings wat vanaf 1 November geld, is ingevolge die toepaslike bywette en beleide ingestel.

Vir alle waterverbr­uikers geld 'n verhoogde tarief volgens die goedgekeur­de tarieflys.

Sien die tarieflys hier: https://bit. ly/2q3Wvz9

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa