Mossel Bay Advertiser

Ry versigtig op Georgeweg

-

Motoriste word gemaan om veral na donker baie versigtig op Georgeweg te ry. Die groot rioollyn van ongeveer 350 mm in deursnee wat Mosselbaai met die Voorbaaipo­mpstasie verbind, het Saterdagog­gend verstop geraak. Hierdie verstoppin­g het tot gevolg gehad dat net meer as 200 meter van die pypleiding in Georgeweg vervang moet word.

Mosselbaai-munisipali­teit vra motoriste om verskoning vir die ongerief weens die noodwendig­e padwerke in Georgeweg.

Die rioollyn wat vervang moet word, is egter onder die ryvlak geleë.

Dit bring mee dat die ryvlak opgekap moet word en die gevolglike herstelwer­k sal na verwagting sowat 'n week tot 10 dae duur, afhangende van die beskikbaar­heid van materiaal.

Motoriste wat vanaf De Bakke na die middedorp onderweg is, sal steeds met Georgeweg kan ry. Motoriste wat vanaf die middedorp in die rigting van Santos wil ry, word egter via Langstraat herlei.

Alles moontlik is gedoen om matige rioolstort­ing wat voorgekom het, te beperk. Geen verdere rioolstort­ing word op Santosstra­nd verwag nie. Om te verseker dat strandgang­ers nie aan die klein hoeveelhei­d riool wat via die stormwater­stelsel tot op die strand gevorder het, blootgeste­l word nie, is die area gepas afgebaken.

Aanvanklik is gereken dat die verstoppin­g, wat direk voor die kantore van die direktoraa­t infrastruk­tuurdienst­e onstaan het, gelokalise­erd is. Nadat begin is met die herstelwer­k, is verdere probleme waargeneem wat meegebring het dat ‘n kontrakteu­r se dienste ingeroep moes word. Na deeglike ondersoeke is tot die slotsom gekom dat dele van die pypleiding vervang sal moet word.

Na verwagting sal die materiaal op Maandag, 11 November gelewer kan word.

 ??  ?? Mosselbaai-munisipali­teit vra motoriste om verskoning vir die ongerief weens die noodwendig­e padwerke in Georgeweg.
Mosselbaai-munisipali­teit vra motoriste om verskoning vir die ongerief weens die noodwendig­e padwerke in Georgeweg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa