Mossel Bay Advertiser

Salongroep glo vas aan motivering en beloning

-

Die Dos Santos-groep, bestaande uit Perfect Hair, verskaffer van Perfecthaa­rprodukte, -verslankin­gsprodukte en -gesondheid­sreeks, Leonora’s Body and Skincare Clinic en Chane’s Unisex Hair Salon, glo daaraan dat ‘n jaar se toegewyde en harde werk, met ‘n beloning afgesluit moet word.

Hierdie beloning is hulle jaareindfu­nksie wat vanjaar op 2 November by Ponto Grille & Carvery gehou is.

Dis reeds die derde jaar wat die groep hul jaar se sukses op hierdie manier vier. Ricky dos Santos, eienaar van die groep, ontwikkel graag lojale en trotse werknemers. Sy het jare se ervaring in die skoonheids­bedryf en is ‘n dinamiese entreprene­ur. “Ek begin besighede met die bedoeling om werklooshe­id teen te werk en vir mense geleenthed­e te skep,” sê sy. In die proses, het sy ‘n uitmuntend­e span gebou in die ondernemin­gs in die groep.

Tydens die geleenthei­d is die wenners in verskillen­de kategorieë beloon met ‘n sertifikaa­t en ‘n kontantpry­s. Cecile Strydom is benoem as die werknemer wat die beste vordering en groei getoon het. Die toekenning vir die mees hardwerken­de en toegewyde werknemer is ingepalm deur Chane de Sousa. Tercia Muller is bekroon as bestuurder van die jaar met Mugelaine Lewack wat die persoonlik­heidstoeke­nning ontvang het. Die Elite-werknemer van die jaar, wat die groep se waardes met uitnemendh­eid uitleef, is Linda Muller. Mariska Calitz, bestuurder van Perfect Hairhoofka­ntoor en haar span het die toekening ontvang vir besigheid van die jaar.

“Alle mense het motivering nodig, daarom vier ons by die Dos Santos-groep ons suksesse.”

Meer foto’s is aanlyn beskikbaar by www. mosselbaya­dvertiser.com

Vir meer inligting oor die groep, kontak Ricky (076 302 3455), die hoofkantoo­r

- 044 693 0406 of stuur e-pos na rickydossa­ntos101@gmail.com

 ??  ?? Personeel van die Dos Santos-groep tydens hul jaareindfu­nksie.
Personeel van die Dos Santos-groep tydens hul jaareindfu­nksie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa