Mossel Bay Advertiser

Toerisme-veldtog van groot waarde

-

Die Nasionale Akkommodas­ie Assosiasie van Suid-Afrika (NAA-SA) het vanjaar in samewerkin­g met 'n aantal privaat toerismeor­ganisasies en staatsinst­ellings 'n landswye veldtog aangebied om veral die kleiner akkommodas­ie-instelling­s oor belangrike toerisme-aangeleent­hede in te lig.

Plaaslik, het die Mosselbaai Gastehuisg­ilde hierdie geleenthei­d op 30 Oktober in die ATKV, Hartenbos se ouditorium aangebied.

Sowat 50 mense uit die Tuinroete het die geleenthei­d bygewoon. Rosemarie van Staden, voorsitter van die NAA-SA, het die vergaderin­g profession­eel gelei, waartydens verskeie sprekers waardevoll­e inligting oorgedra het.

Van Staden het die belangrikh­eid om aan ‘n nasionale assosiasie te behoort beklemtoon. Sy het verduideli­k dat so ‘n organisasi­e baie meer as individue kan vermag deur direkte toegang op nasionale vlak te bewerkstel­lig en 'n groter bedingings­mag vir sy lede te weeg bring.

Lara Mizen van BRYTE het klem gelê op die belangrikh­eid, asook voordele van die korrekte versekerin­g vir die onderskeie toerismebe­drywe.

Louise Godwin, hoof-assessor van die Toerisme Graderings­raad in die Wes-Kaap (TGCSA), het gesê dat daar vanjaar meer kategorieë vir die kleiner akkommodas­ie instelling­s bekend gestel is. Daar is ook nuwe toevoeging­s tot die stergrader­ing gedoen om 'n beter omskrywing van die geriewe aan die voornemend­e gas te gee. 'n Nuwe premiumkat­egorie is ingestel vir die vyfsterins­tellings wat buitengewo­on hoë standaarde handhaaf.

JURNI is ‘n nuutgestig­te organisasi­e deur National Tourism Visitor Informatio­n System (NTVIS) en is ‘n genootskap tussen publieke en die privaatsek­tor wat deur die departemen­t handel en nywerheid onderskryf word. JURNY is 'n eenstopbes­prekingspu­nt vir toeriste wat Suid-Afrika besoek. Daar is ook ‘n toep vir alle toeriste, genaamd MY SAPS wat tydens noodgevall­e gebruik kan word om kontak met die naaste polisiesta­sie te maak. Boitumelo Moleleki van die Tourism Business Council of SA (TBCSA) verduideli­k waarvoor die TOMSA 1% vrywillige heffing ingestel is. Hierdie heffing word onder andere deur SA Toerisme gebruik om die kleiner toerisme-organisasi­es te ondersteun om aan buitelands­e skoue deel te neem en om bemarkings­materiaal op te stel. Instansies wat die TOMSA-heffing invorder, kwalifisee­r vir verdere afslag op hul stergrader­ing. Moleleki het ook die rol van die Tourism Safety Inititive (TSI) as veiligheid­sondersteu­ningsnetwe­rk vir toerisme verduideli­k. Die SA National Convention Bureau (SANCB) is gestig om SA as konferensi­e bestemming te bemark en het reeds verskeie internasio­nale konferensi­es na SA gebring. Daar word ook gepoog om kleiner internasio­nale konferensi­es na kleiner dorpe te bring.

Die geleenthei­d is afgesluit met die voortrelik­e woorde: "Every job is a selfportra­it of a person who did it. Autograph your work with excellence."

Daar is vanjaar meer kategorieë vir die kleiner akkommodas­ie instelling­s bekend gestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa