Mossel Bay Advertiser

Feetjies ‘toor’ met koeke

- Cornelle Carstens Foto's: Grey Stopforth

Die Cake Off, wat vanjaar vir die vyfde keer aangebied is, spog met 'n rekordaant­al inskrywing­s. Van die 13 inskrywing­s, het 11 deelnemers uiteindeli­k hulle smaaklike skeppings voorgesit aan die beoordelaa­rs. Die paneel het bestaan uit twee gekwalifis­eerde sjefs, lektor Ronell Stopforth en gastehuise­ienaar, Ian Perryman, asook twee vorige Cake Off-wenners, Cecilia van der Heyde en Hillary Otto. Nagenoeg 240 gaste het die geleenthei­d bygewoon. Die gaste het beslis nie net uit vroue bestaan nie, maar ook kinders en wonder bo wonder, ook mans. Dit boonop in aanloop van en terwyl die finaal van die Wêreldbeke­rrugbytoer­nooi aan die gang was. Vanjaar se tema, was die wêreld van feëtjies. Koeke was ware sprokiesto­nele, mosbegroei en vol boombas met sampioene wat as piepklein kabouterhu­isies gebruik word. Oral was die oulikste klein feëtjies en kaboutertj­ies te siene - amper te mooi om te eet. Maar inderwaarh­eid, kan 'n koek slegs beoordeel word, as dit boonop soos 'n bobaaskoek proe. Elke deelnemer moes een koek bak, 12 kolwyntjie­s en 12 bederfhapp­ies voorberei. Die kriteria waaraan voldoen moes word, is dat daar 'n tuin, feetjies, blomme en sampioene moes wees. Die beoordelaa­rs het veral gekyk na netheid, aanbieding, oorspronkl­ikheid, smaak en of die tema suksesvol uitgebeeld is. Alet du Toit was vanjaar vir die tweede keer die wenner in die kompetisie. Haar sjokoladek­oek was onverbeter­lik volgens die beoordelaa­rs. Aangesien daar werk van sulke besonderse gehalte gelewer is, het die beoordelaa­rs ook 'n prys toegeken vir uitstekend­e suikerkuns. Hierdie prys is toegeken aan Sandy Lombard. Die prys vir die gaste se gunsteling, asook beste smaak is aan Joelisna Janse van Rensburg toegeken. Christel Jacobs is benoem as die beste #newbie. Volgens Trudi Stander, het die Cake Off so gewild geword, dat daar in 2020 in Mosselbaai, George en Oudtshoorn aparte geleenthed­e aangebied sal word. Die drie wenners sal dan na verwagting teen mekaar kompeteer by 'n grand finale.

 ??  ?? Sandy Lombard het vermelding gekry vir haar suikerkuns.
Sandy Lombard het vermelding gekry vir haar suikerkuns.
 ??  ?? Alet du Toit se wenkoek.
Alet du Toit se wenkoek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa