Mossel Bay Advertiser

Hoërskool Punt se gholfdag

-

Mnr G Steinhöbel, hoof van gholf by Hoërskool Punt, skryf:

Punt het op Vrydag, 1 November ‘n gholfdag by Mosselbaai-gholfklub aangebied.

Altesaam 96 spelers het deelgeneem en was baie tevrede met die verloop van die dag. Fantasties­e pryse (soos gholfsakke, groot koelhouers met wieletjies en ‘n opslaanbra­aier) is gewen.

Mnr André van Wyk en Hendrik Kriek het weggestap met die eersteplek en die “langste dag” het behoort aan mnre JR Foreman en M Neethling van Hoërskool Punt.

Die dag kon nie plaasvind sonder die samewerkin­g van Mosselbaai­gholfklub wat uit hul pad gegaan het om ons te akkommodee­r. Die ete (kerrie en rys) was heerlik.

Dan ook aan Hoërskool Punt se getroue en lojale borge, baie dankie dat julle altyd bereid is om ons te ondersteun. Ons sê graag dankie aan die volgende borge:

Mosselbaai Volkswagen, Mosselbaai Toyota, mnr Marius Theron, Mosselbaai-gholfklub, Pinnacle Point Pro Shop, Pinnacle Point-gholfklub, Rauch Gertenbach Prokureurs, Route 57 Restaurant, mnr Johan van Zyl, New Look Kitchens, Spar Da Nova, mnr Wynand Stander, Garden Route Casino, Hartenbos Slaghuis, Nell Konstruksi­e, Harcourts Mosselbaai, Gastao’s Mosselbaai, Suid-Kaap Gholfunie, The Travel Chain Mosselbaai, mnr Greg Fenn, Old Mutual, mnr Altus Wessels en mnr André Kruger.

Baie dankie vir almal se bydrae om van die dag ‘n reuse sukses te maak. Sien u volgende jaar vir ’n beter, groter en, indien moontlik, ‘n nog lekkerder dag.

 ??  ?? Robert Gerber, Michiel Neethling, Tokkie Kasselman en JR Foreman.
Robert Gerber, Michiel Neethling, Tokkie Kasselman en JR Foreman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa