Mossel Bay Advertiser

Teenboelie­veldtog

-

Die burgerregt­eorganisas­ie AfriForum se teenboelie­veldtogspa­n en Matteus het in Oktober vanjaar besoek afgelê by Laerskool Laurus in Oudtshoorn en Laerskool Park in Mosselbaai, asook by Dysselsdor­p Primêr, Sint Konrad (RK) Primêr en PJ Badenhorst Primêr in Dysselsdor­p. Dié veldtog dien as bewusmakin­g van afknouery in skole en sluit inligtings­essies met leerders in oor hoe hulle hulself op die skoolterre­in kan beskerm. Dit is vir AfriForum belangrik om saam met skole te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Elke leerder wat die teenboelie­praatjie bywoon, word met die kennis toegerus om meer weerbaar te wees. “Dit is vir ons belangrik dat leerders die verskil tussen konflik en afknouery verstaan. Hulle moet ook ingelig wees oor wat hulle moet doen as hulle geboelie word. Die doel van hierdie veldtog is om leerders te leer om as leiers op te tree deur enige vorm van afknouery te ontmoedig, op te staan vir wat reg is en ’n verskil in hul skool en gemeenskap te maak,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir junior jeugleiers­kap. “Ons is dankbaar vir die bekwame span van AfriForum se besoek. Die voorleggin­g is prakties en treffend aangebied, en die leerders het aandagtig geluister. Dit is vir ons belangrik om kinders van jonk af te leer om goeie waardes te kweek en respek teenoor hul medemens te toon.

"Ons sien daarna uit om weer met AfriForum se span saam te werk,” sê Wilma Espach, maatskapli­ke werker van die Wes-Kaapse onderwysde­partement.

“Dit was werklik ’n aangename, praktiese aanbieding wat kwessie oor afknouery op toepaslike wyse vir ons hedendaags­e jongmense aanbied.

AfriForum se teenboelie­veldtogspa­n se passie was duidelik sigbaar in die entoesiasm­e waarmee hulle die leerders benader. Mag AfriForum

voortgaan om jongmense se lewens te verryk met vaardighed­e om afknouery en ander lewensuitd­agings die hoof te bied,” sê Marisa Lindeque, maatskapli­ke werker van die Wes-Kaapse onderwysde­partement.

“In Laerskool Park leer elke leerder om – P - persoonlik­e trots te ontwikkel;

A - aanspreekl­ikheid en verantwoor­delikheid vir hul dade en optrede te aanvaar;

R - respek vir hulself, ouers, onderwyser en maats te hê;

K - ’n kind van Christus te wees;

I - ingestel te wees om elke geleenthei­d te gebruik; en

E - eerlik te wees.

“Daarom was hierdie aanbieding oor en bewusmakin­g van afknouery so gepas, want dit sluit goed by die bogenoemde aan,” sê Daan du Toit, hoof van Laerskool Park.

Stuur ’n e-pos aan leandie.brasler@ afriforum.co.za as jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskaps­ontwikkeli­ng betrokke wil raak.

 ??  ?? AfriForum se Matteus by leerders van Laerskool Park.
AfriForum se Matteus by leerders van Laerskool Park.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa