Mossel Bay Advertiser

Vroue se Kerswense bewaarheid

- Jannie du Plessis

Solidarite­it Helpende Hand in die WesKaap het die eerste Kerswense waar gemaak met hulle 30 dae Kersfeeswe­nsprojek. Vanaf 1 November 30 November word individue geïdentifi­seer en gaan daar op 'n daaglikse basis Kerswense bewaarheid word teen 'n maksimum bedrag van R1 000. Drie bedlêende pasiënte van die ACVV Seebries-tehuise se Kerswense is vandeeswee­k bewaarheid. ER24-personeel van George en Mosselbaai het die drie vroue Woensdagog­gend, 6 November vanaf ACVV

Seebries-tehuis na die Punt in Mosselbaai geneem waar organiseer­ders en familie hulle ingewag het. Die drie vroue waarvan twee, Zenia van der Spuy (58) en Elmaryn Dippenaar (49) van die Ons Huis kom en Martie Steyn (57) van Onse Rus, is deur ER24 personeel sorgvuldig op paramedies­e draagbare tot by die rand van die parkering geneem waar hulle die see kon ruik en sien. Martie is op ‘n vroeë ouderdom gediagnose­er met demensie. Sy is tans bedlêend en sit af en toe op ‘n stoel. Sy het volle versorging nodig op die oomblik en haar familie is baie hartseer om haar so te sien. Haar suster Magda kuier graag by haar en probeer finansieel help waar sy kan deur die heerlikste koekies te bak as 'n inkomste. Elmaryn het breinskade opgedoen na ‘n operasie. Sy kan egter niks vir haarself doen nie en is totaal afhanklik van hulp. Zenia ly aan veelvuldig­e sklerose en is bedgebonde. Hulle is ook elkeen getrakteer met 'n roomys wat deur hul helpers en familie vir hulle gevoer is. Die familie is dankbaar teenoor Solidarite­it Helpende Hand Wes-Kaap se Alisha de Lange, Marlise Labuschagn­e en Carla Viljoen en ER24 wat die Kerswense bewaarheid het.

 ??  ?? Die drie vroue, van links Martie Steyn (57), Elmaryn Dippenaar (49) en Zenia van der Spuy (58) by die Punt met die see in die agtergrond.
Die drie vroue, van links Martie Steyn (57), Elmaryn Dippenaar (49) en Zenia van der Spuy (58) by die Punt met die see in die agtergrond.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa