Mossel Bay Advertiser

Groter netwerk maak impak

-

Suid-Afrika word tans gekonfront­eer met 'n welsynskri­sis. Meer as 17 miljoen mense ontvang maatskapli­ke toelae. Meer as 9 miljoen mense is werkloos. Te midde hiervan, word die finansiële volhoubaar­heid van baie gemeenskap­sorganisas­ies en instansies ernstig bedreig.

Helplift-netwerk fokus op die disfunksio­naliteit, gediskonne­kteerde en ontmagtigd­e gemeenskap­pe. Gebaseer op navorsing, bestaan daar 'n groot behoefte in gemeenskap­pe aan beter koördineri­ng en kommunikas­ie van gemeenskap­saksies ten opsigte van sosio-ekonomiese ontwikkeli­ng.

Voortsprui­tend uit 'n behoefte van kerkgenoot­skappe in Mosselbaai, aan groter betrokkenh­eid by die gemeenskap, is Helplift Groter Mosselbaai gestig as HUB 018 van die Helplift-netwerk.

Wie trek voordeel?

Die Helplift Netwerk se hubs is daar tot voordeel van alle geregistre­erde gemeenskap­sorganisas­ies en instansies wat fokus op behoeftige­s en minder bevoorregt­es.

Helplift funksionee­r op 'n nasionale vlak met internasio­nale verbinteni­sse.

Helplift is geregistre­er as nie-winsgewend­e organisasi­e (registrasi­enommer 2008/027074/08 en nommer 930047169).

Helplift groter Mosselbaai maak gebruik van die groter netwerk se infrastruk­tuur (byvoorbeel­d ouditeure, bankrekeni­ng, bestuurstr­uktuur en dies meer).

Helplift is ook geregistre­er om aan skenkers Art 18(a)-belasting en BBEEEserti­fikate uit te reik.

Helplift het toegang tot die Noordwes Universite­it se navorsings­fasiliteit­e.

Suksesse

Landswyd het Helplift reeds heelwat bewese suksesse behaal. Moreleta Park het byvoorbeel­d tydens 2018 dienste en produkte ter waarde van R1,8m gefasilite­er en Driehoek Van der Bijlpark, dienste en produkte ter waarde van R1.3m.

"Die Helplift-organisasi­e vervul grootliks 'n fasiliteri­ngsrol om gewers en behoeftige ontvangers bymekaar uit te bring en opereer op vyf platforms," verduideli­k die waarnemend­e hub-bestuurder, Des Sampson.

Dit beskik oor 'n netwerk waar die lewer van produkte en dienste gefasilite­er word. So lewer byvoorbeel­d dokters, tandartse, loodgieter­s, skoonheids­alonne, en so meer hulle dienste aan onder hul eie voorwaarde­s. Helplift fasiliteer die proses. 'n Gemeenskap­stoor word bedryf waar goedere en produkte wat ontvang en aan behoeftige ontvangers versprei word. Vaardighei­dsopleidin­g word aan werkloses gebied. Ondernemin­gsgees word binne die raamwerk van 'n "ondernemin­gsinkubato­r" by leerders gestimulee­r, sodat hulle hul eie ondernemin­gs kan vestig.

Met die impakfonds, word kontant wat uiteindeli­k vir projekimpl­ementering aangewend word, ontvang.

"Maatskapli­ke en ander organisasi­es wat ook op hierdie terrein werksaam is, se aksies vind normaalweg in isolasie plaas en word nie gekoördine­er nie. Dit is wat Helplift Groter Mosselbaai graag van hulp wil wees. Ons wil niks by iemand wegneem nie, maar eerder poog om saam 'n groter impak te maak. Die gedagte is om die gemeenskap­skultuur in die groter Mosselbaai te transforme­er na een waar mense mekaar help en ondersteun."

Wie kan 'n bydrae maak?

"Enigiemand, 'n besigheid of instansie kan betrokke raak."

Daar is verskeie maniere om 'n bydrae te maak:

dienste en goedere word aangebied op eie voorwaarde­s; gee van dit wat jy reeds het; deel vaardighed­e en ervaring met mense wat gretig is om te leer;

belê in die impakfonds om noodsaakli­k projekte in die gemeenskap te implemente­er;

word 'n vrywillige­r deur 'n organisasi­e te verteenwoo­rdig of om dienste en produkte te help fasiliteer.

Kontakbeso­nderhede

Die plaaslike hub word bestuur deur 'n groep vrywillige­rs met streng Christelik­e waardes. Vir meer inligting, kontak: Des Sampson (082 651 2006), Dawid Scholtz (084 624 6612), Sybil Coetsee (071 473 6942), Eric Nelson (082 925 2879), Dirk Coetzee (082 855 9053) of Kobus Huyshamen (082 773 9320).

Besoek ook die webwerf:www. helpliftne­twork.co.za of die facebookbl­ad www.facebook.com

 ??  ?? Tydens die Mosselbaai Sport- en Rekreasief­ees, het Helplift se hub in Mosselbaai reeds hulle gemeenskap­sbetrokken­heid tasbaar gemaak deur ‘n sportdag vir 80 kinders aan te bied. Hulle soek tans vennote om hulle projekte verder te kan ontwikkel.
Tydens die Mosselbaai Sport- en Rekreasief­ees, het Helplift se hub in Mosselbaai reeds hulle gemeenskap­sbetrokken­heid tasbaar gemaak deur ‘n sportdag vir 80 kinders aan te bied. Hulle soek tans vennote om hulle projekte verder te kan ontwikkel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa