Mossel Bay Advertiser

Suid-Kaap Jagters kies nuwe bestuur

-

Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsv­ereniging (SJB) se 28ste algemene jaarvergad­ering en bestuursve­rkiesing het verlede Saterdag by die Emmaüssent­rum op George plaasgevin­d.

Tydens die jaarvergad­ering is 'n nuwe bestuur verkies wat die leisels gedurende 2020 moet hou en sorg dat die vereniging van krag tot krag gaan. Louis Welman is verkies tot president en Wynand Fourie as voorsitter. Johan Potgieter het uitgetree en word bedank vir sy waardevoll­e bydrae tot die natuurbewa­ringsporte­feulje. Ferdinand Boll is as nuwe bestuursli­d verkies.

Verskeie toekenning­s is ook tydens die geleenthei­d gemaak. Die wenners was: Jacques du Plooy (beste skut: skietdae), Leras van Zyl (beste junior skut: skietdae), Quintus Lotter (beste student: Chasa-kursus), Tiaan Gerber (beste bosbok en meeste punte: trofeemeti­ng) en Jozua Malherbe (beste trofee: trofeemeti­ng).

Borge soos Wildman, SSK, Klein Karoo Agri, ATKV, Bay Guns, Kloppers en verskeie privaat donateurs is ook bedank vir hulle aandeel tot die sukses van SJB se aktiwiteit­e.

John Fitzgerald het 'n presidents­toekenning ontvang vir sy onbaatsugt­ige diens aan die vereniging. John se betrokkenh­eid strek oor die hele spektrum van die vereniging se aktiwiteit­e. Hy is betrokke by die CHASA-kursusse waar hy help kosmaak, bane opstel en weer by die opruim van die bane. Die ywer waarmee hy homself beskikbaar stel om diens te doen wanneer bane opgestel moet word en as baanoffisi­er diens te doen, strek voorwaar as voorbeeld vir baie ander.

SJB se bestuur maak van die geleenthei­d gebruik om sy lede, asook nie-lede, uit te nooi om in te skryf vir die jaarlikse ghonguitda­ging wat op 16 November naby De Rust gaan plaasvind. Die kompetisie gaan in spanverban­d aangebied word en elke span bestaan uit vier skuts.

Daar gaan verskeie pryse en verskeie gelukstrek­kings wees. Alle deelnemers het 'n gulde kans om 'n heerlike dag in die natuur deur te bring en dalk 'n goeie prys los te slaan met die gelukstrek­king.

Vir meer inligting oor skietdae en kursusse kan die SJB-kantoor gekontak word (044 695 2319) of besoek die webtuiste www. suidkaapja­gters.co.za of stuur 'n e-pos na info@suidkaapja­gters. co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa