Mossel Bay Advertiser

Mariska van Wyk lewer puik uitslae

-

Op die dag van die roemryke sege vir die Springbokk­e het Mariksa van Wyk self skitterend­e skietwerk opgedis toe sy tydens die Neill Calitz-skietklub se Novemberko­mpetisie as skut van die dag geseëvier het.

Sy was die oortuigend­e wenner van die dag en het in alle skietoefen­inge besonder goed presteer.

Twee van die gunsteling­e, Willie Germishuys en Suzette Herrer het in die proses goed pak gekry. Mariska spog met 43 punte vir die dag met Marius van Wyk (38 punte) tweede en Willie Germishuys (37 punte) derde.

Ivan Maddion het 'n goeie vertoning in die 10m - 20m silhoeëtte-skiet gelewer deur vier van die vyf silhoeëtte plat te skiet - die beste vir die dag. Hy het ook in die 9mm-skiet goed gevaar en deel die eerste plek met drie ander skuts.

Uitslae

10m-pistool: 1. Gert Nel en Mariska; 3.

Sandy Uys; 4. Marius; 5. Suzette; 6. Johanna Germishuys en Willie; 8. Gerhard Myburgh;

9. Ivan; 10. Soekie Boshoff. 20m-pistool:1. Willie; 2. Suzette; 3. Mariska;

4. Gert; 5. Danie le Roux; 6. Ivan; 7. Gerhard en Marius; 9. Chris Boshoff; 10. Johan Uys.

20m-snelskiet: 1. Mariska; 2. Chris; 3. Marius; 4. Gerhard; 5. Gert; 6. Ivan; 7. Willie; 8. Suzette; 9. Danie; 10. Soekie. 10m - 20m-silhoeëtte: 1. Ivan; 2. Johan, Willie, Marius, Mariksa, Johanna; 7. Sandy;

8. Suzette; 9. Soekie, Chris, Gerhard. 10m-9mm: 1. Ivan, Chris, Willie, Marius; 5. Danie, Gert, Mariska; 8. Gerhard, Johanna;

10. Suzette.

Die klub se laaste kompetisie en prysuitdel­ing vir 2019 vind op Saterdag, 7 Desember plaas.

Daar sal nog twee Woensdag-skietoefen­dae vir die jaar plaasvind naamlik op 13 en 27 November.

 ??  ?? Vier van die vroueskuts in aksie tydens die afgelope Saterdag se kompetisie. Van links is Mariska van Wyk, Sandy Uys, Soekie Boshoff en Suzette Herrer. Agter is die baanoffisi­er, Danie le Roux.
Vier van die vroueskuts in aksie tydens die afgelope Saterdag se kompetisie. Van links is Mariska van Wyk, Sandy Uys, Soekie Boshoff en Suzette Herrer. Agter is die baanoffisi­er, Danie le Roux.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa