Mossel Bay Advertiser

Week vol hoogtepunt­e

- Gholfer

Sjoe, wat 'n naweek! Saterdag, 2 November sal vir altyd onthou word as 'n dag wat ons nasie weer deeglik saamgesnoe­r is. By die Mosselbaai­gholfklub het hordes mense, bekend en onbekend, opgedaag om deel te wees van die geskiedkun­dige gebeurteni­s wat in 80 minute voor ons afgespeel het. Die passie, vernuf en veggees wat deur ons Springbokk­ke ten toon gestel is, het ons hoendervle­is gegee en die oorwinning oor Engeland was oortuigend en voorwaar welverdien­d.

Aan Graeme Viljoen (algemene bestuurder van Mosselbaai-gholfklub) wil ons baie dankie sê vir die besondere atmosfeer en diens wat jy en jou vriendelik­e personeel verskaf het om hierdie grootse gebeurteni­s vir almal so aangenaam te gemaak het. Ons is trots op julle en waardeer julle opreg!

Woensdag

Die Sakemanne-borgdag wat op 30 Oktober plaasgevin­d het, het gesorg dat 132 spelers mekaar die stryd in die gekombinee­rde stableford­kompetisie aansê. Bennie Badenhorst en Christo Langenhove­n wat deesdae op 'n waterdieet is, het maklik hulle teenstande­rs op 77 punte geklop. Hulle skryf hulle sukses toe aan vetjies wat afgeskud is en die ou soepelheid wat weer terug in hulle swaai is. Welgedaan Manne. Die naaswenner­s op 'n stewige 75 punte was Anton Izaakse en Stefan van Vuuren. Twee ou karperde, Martiens Mulder en Johan Buys se 74 punte het aan hulle die derde plek besorg.

Die sakemanne het gesorg dat die volgende spelers ook met heerlike pakke vleis huiswaarts gekeer het: B Vermeulen en J Lourens (72 punte), K Snyman en G

Pieterse (71 punte) en J van Niekerk Basson en sy Spookmaat (71 punte). Hartlike dank aan al die sakemanne vir hulle reuse borgskap!

Saterdag

Na die opwinding van Saterdag se Rugbywêrel­dbekereind­stryd, het die feesvierin­ge gesorg dat slegs 'n handjievol spelers nog kans gesien het om ook nog 'n ronde gholf ingepas te kry. Michael Kriel en Barry Vermeulen het hulle opgewonden­heid na die gholf oorgeplaas en op 43 punte het hulle die individuel­e stableford kompetisie oorheers. Na die uittelpros­es is Michael eerste geplaas met Barry in die tweede plek.

Clive Theys (37 punte) en Oosie Oosthuizen (36 punte) was die ander wenners.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa