Mossel Bay Advertiser

Viertrek-ekspo sorg vir pret

- Jannie du Plessis

Die eerste Garden Route 4 x 4 Expo wat die afgelope naweek op die plaas Bartelsfon­tein gehou is, het besoekers van oral getrek. Boonop het plaaslike, asook uitstaller­s van elders in die land die geleenthei­d gebruik om hul produkte aan die publiek bekend te stel.

Hoewel verskeie ander feeste die naweek aan die gang was, was die organiseer­ders van die ekspo baie in hul skik met die opkoms en veral die vol tent tydens die Wêreldbeke­rrugbytoer­nooi se finaal wat op die grootskemr uitgesaai is.

Volgens Petra Sachse, een van die organiseer­ders van die ekspo, gaan volgende jaar se ekspo nog groter wees. Sachse het bevestig dat hulle 'n nege jaar kontrak met Bartelsfon­tein se eienaars Henry en Junene Muller het. Sowat vier hektaar is vanjaar in beslag geneem vir die hindernisb­aan, maar die beplanning is om dit volgende jaar aansienlik te vergroot. Daarmee saam gaan 'n bergfietsb­aan gebou word. 'n Verder gedeelte sal afgestaan word aan sportaktiw­iteite. Die huidige tentdorp gaan ook aansienlik groter gemaak word.

Na die ekspo die afgelope naweek het baie groot name in die 4 x 4-wêreld na vore gekom om deel van hierdie jaarlikse geleenthei­d te word. Die organiseer­ders het na oorweging van die mees geskikte tyd van die jaar en natuurlik alle ander faktore in ag geneem en besluit dat volgende jaar se ekspo op 2, 3 en 4 Oktober gaan plaasvind.

"Die Tuinroete en inwoners van Mosselbaai kan hulle maar reg maak vir 'n ekspo wat jaarliks groter en groter gaan word en vir elkeen, oud en jonk iets gaan bied. Moenie die 2020 Tuinroete Ekspo misloop nie."

 ??  ??
 ?? Foto’s: Jannie du Plessis ?? Die veel besproke en bekende in Mosselbaai, tannie Ethel was ook op die verhoog die naweek.
Foto’s: Jannie du Plessis Die veel besproke en bekende in Mosselbaai, tannie Ethel was ook op die verhoog die naweek.
 ??  ?? Pret was daar genoeg en die moddergat was een te veel vir verskeie 4 x 4entoesias­te en moes uitgesleep word.
Kulkunsten­aar Jannie de Bruyn en sy Tommie Thompson het gesorg vir ‘n puik vertoning op die verhoog en het die kinders op die punte van hulle stoele laat sit.
Pret was daar genoeg en die moddergat was een te veel vir verskeie 4 x 4entoesias­te en moes uitgesleep word. Kulkunsten­aar Jannie de Bruyn en sy Tommie Thompson het gesorg vir ‘n puik vertoning op die verhoog en het die kinders op die punte van hulle stoele laat sit.
 ??  ?? Petra en Kallie Sachse, organiseer­ders van die Garden Route 4x4 Ekspo, hier saam met onderburge­meester, raadsheer Dirk Kotzé wat die eerste amptelike opening waargeneem het.
Petra en Kallie Sachse, organiseer­ders van die Garden Route 4x4 Ekspo, hier saam met onderburge­meester, raadsheer Dirk Kotzé wat die eerste amptelike opening waargeneem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa