Mossel Bay Advertiser

Dapper seun

- Cornelle Carstens

Die naam John Cooper klink sommer asof dit aan 'n held moet behoort. En glad nie so toevallig nie, is dit die naam van 'n 11-jarige seun van Uitbreidin­g 13 van 'n dapper en offervaard­ige daad verrig het.

John Cooper is in graad 6 in Erika Primêre Skool en word op 23 November 12 jaar oud. Tans is daar nog nie sekerheid of sy ma, Daidre tuis sal wees om sy dag spesiaal te maak nie. Sy is ses maande gelede met beenmurgka­nker gediagnose­er en ondergaan die afgelope maande behandelin­g in Kaapstad in die Grootte Schuur-hospitaal.

En dís waar haar seun se heldedaad inkom.

Toe Daidre 'n skenker benodig, is ná toetse bevind dat John, haar enigste kind, as skenker kan optree omdat hulle dieselfde bloedgroep is. In Augustus vanjaar, ook die laaste keer wat John sy ma gesien het, is die prosedure in die Grootte Schuur-hospitaal gedoen.

"Ek was bietjie bangerig, maar hulle het gesê hulle gaan net 'n lyn in my insit en ek het geslaap. So ek het niks gevoel nie," vertel hy met 'n glimlag. Dit was ook niks seer ná die tyd nie, voeg hy stil-stil by.

"Ek voel bly dat ek dit vir my ma kon doen." Met die eksamen voor hande, kom 'n mens agter dat John maar baie na sy ma verlang. As mens hom vra wat hy die graagste sou wou hê as sy ma by die huis was of watter kos sy vir hom sou moes maak, antwoord hy net: "Ek sal net graag met haar wil tyd saam spandeer."

By die onlangse Kansa Relay for Life in Hartenbos (26-27 Oktober), het hy 162 rondes in die stryd teen kanker gestap. Die kraletjies dra hy, met toestemmin­g van die organiseer­ders, om sy nek. 'n Hele string krale met 'n kruisie onderaan. 'n String so lank soos sy bolyfie.

* Die Mossel Bay Advertiser het gepoog om kontak met John se ma te maak, maar sy was vanweë haar behandelin­g nie beskikbaar nie.

 ??  ??
 ??  ?? John Cooper (11) het as skenker opgetree vir sy ma wat aan beenmurgka­nker ly.
John Cooper (11) het as skenker opgetree vir sy ma wat aan beenmurgka­nker ly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa