Mossel Bay Advertiser

BoereTROOS

- Cornelle Carstens

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan daar in die somer 2019/2020 gereed gemaak word vir die impak van reënvalsyf­ers laer as normaal en bo normale temperatur­e. Te midde van die knellende droogte is dit allermins ‘n blye vooruitsig vir die feesseisoe­n. Juis om hierdie rede, is die uitkoms wat gister danksy ‘n plaaslike inisiatief aan boere gebied is, ‘n welkome en tydige verligting. Die Mosselbaai munisipali­teit het ingesameld­e water afgelewer waar die waternood op sy hoogste i sonder die landbougem­eenskappe van Buisplaas, Herbertsda­le, Hamelkop en Ruiterbos. Hierdie areas is geïdentifi­seer na aanleiding van ‘n behoeftebe­paling in samewerkin­g met georganise­erde landbou. Die aflewering sluit in 5l verpakte water wat vir huishoudel­ike gebruik, asook sowat 100 kiloliter massa watervoors­iening, geborg deur die sakegemeen­skap van Mosselbaai en wat vir vee aangewend sal kan word. Hierdie water is op plase aan boere en ook plaaswerke­rs versprei.

Samewerkin­g

Die nood aan grootmaatw­ater is danksy samewerkin­g tussen georganise­erde besigheid, die Mosselbaai-gemeenskap s polisiefor­um en verskeie buurt wagte aangespree­k. Grootmaatw­ater is aangekoop danksy borgskappe vanuit die sakegemeen­skap. Die grootmaatw­ater is aangekoop waarna kwitansies by die munisipale hoofgebou uitgereik en by die brandweer afgegee is. Die vervoer is ook geborg en vragmotors asook watertenkl­orries is beskikbaar gestel. Onderhande­linge met van die visfabriek­e het gevolg om houers te bekom waarin water getap kan word.

Verder het die inisiatief danksy onder andere sosialemed­iaplatform­s organies gegroei met skole, kleutersko­le, winkels, die ACVV en ander instansies wat water help versamel het.

Water is deurnag by die brandweer ontvang en daar is ook addisionel­e waterversa­melpunte verskaf. Hulporgani­sasies soos die Rotariërkl­ub en die Tafelronde het ook ruim bygedra.

Besighede wat oor vragmotors en waterhouer­s beskik, is verantwoor­delik vir die verspreidi­ng van die water.

Die beplanning is dat water getap sal word totdat die borgskap uitgeput is of daar nie meer kapasiteit op die vragmotors is nie.

Logistiek

Die eerste vragmotors het gisterogge­nd om 07:00 begin water tap by die gemeterde kraan in Schoemanst­raat by die brandweer.

Teen ongeveer 10:00 het die vragmotors in konvooi onder begeleidin­g van die provinsial­e verkeersdi­ens vertrek tot by

Danabaai waar dit op die N2 in verskillen­de rigtings na die afsetpunte beweeg het.

Uit die aard van die saak, was logistieke beplanning van meet af aan van kardinale belang. Nie net vir die versamel en vervoer van die water nie, maar ook wat betref die suksesvoll­e aflewering daarvan.

Daar moes voorsienin­g gemaak word dat die water geskik geberg sal kan word.

Vir die oortap van water in die houers wat op die plase beskikbaar is, moes seker gemaak word dat die nodige pompe, kragopwekk­ers, pype en koppelstuk­ke beskikbaar is.

Voortgeset­te hulp

In reaksie op die projek was daar kritiek dat Mosselbaai­ers voel hulle moet meer opdok vir water, wanneer tienduisen­de liter water uit die bestaande voorraad aan landbouers weggegee word. Daar moet egter in gedagte gehou word dat hierdie landbougem­eenskappe wan grondwater en reën afhanklik is vir huisgebrui­k. Die Mossel Bay Advertiser het onlangs berig oor die waternood op plase, by name in die Herbertsda­le-omgewing.

In die gebiede waar water afgelaai word, is kraanwater nie meer beskikbaar nie en word daar al maande lank dorp te gery om water te koop vir huishoudel­ike gebruik, selfs vir die spoel van toilette.

Volgens aanvanklik­e berekening sou daar 8 kiloliter water in grootmaat aangeskaf en versprei word, maar die uiteindeli­ke som was ‘n meer realisties­e 100 kiloliter noodsaakli­k.

Indien minder water versprei kan word as wat geborg is, sal die restant oorgehou word tot ‘n latere aksie, aangesien die projek nie ‘n eenmalige uitreik is nie.

Waterseker­heid

Die Mosselbaai-munispalit­eit het bevestig dat die dorp nie bekommerd is oor die komende seisoen se toevloei van vakansiega­ngers in terme van die druk wat dit op die watervoorr­aad sal plaas nie.

Die dorp het juis waterseker­heid vanweë die ontsouting­saanleg. Die water drive is bedoel om verligting vir spesifieke droogte-areas aan te spreek, maar damme is steeds (vandag nog) bo die 50% merk.

Voorkomend­e optrede sluit waterbespa­ringsmaatr­eëls in wat ingevolge regeringsr­iglyne ingestel word.

Daar moes voorsienin­g gemaak word dat die water geskik geberg sal kan word.

 ?? Foto’s: Jannie du Plessis ?? Weer het Mosselbaai­ers gewys waarom dit wonderlik is om hier te woon, want gisterogge­nd was omgee tasbaar toe die waterskenk­ings met ‘n konvooi vragmotors en bakkies aan gemeenskap­pe in die Hamelkop-, Ruiterbos- en Herbertsda­le-omgewing afgelewer is. Ruan Jansen van die plaas Gift en Christo Terblanche van die plaas Watergat was van die eerste boere by wie aangedoen is.
Foto’s: Jannie du Plessis Weer het Mosselbaai­ers gewys waarom dit wonderlik is om hier te woon, want gisterogge­nd was omgee tasbaar toe die waterskenk­ings met ‘n konvooi vragmotors en bakkies aan gemeenskap­pe in die Hamelkop-, Ruiterbos- en Herbertsda­le-omgewing afgelewer is. Ruan Jansen van die plaas Gift en Christo Terblanche van die plaas Watergat was van die eerste boere by wie aangedoen is.
 ??  ?? Uitvoerend­e onderburge­meester raadsheer Dirk Kotzé (regs) en ‘n Da Nova-buurtwagli­d, Jeff van der Merwe help om van die duisende bottels water op sommige van die voertuie te laai voordat die konfooi vragmotors na die plase vertrek het.
Uitvoerend­e onderburge­meester raadsheer Dirk Kotzé (regs) en ‘n Da Nova-buurtwagli­d, Jeff van der Merwe help om van die duisende bottels water op sommige van die voertuie te laai voordat die konfooi vragmotors na die plase vertrek het.
 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Die water is vir beide huisgebrui­k en diere bestem en is van plaas tot plaas, waar nodig afgegee. Beide Ruan Jansen en sy hond Leila was baie bly vir die water.
Foto: Jannie du Plessis Die water is vir beide huisgebrui­k en diere bestem en is van plaas tot plaas, waar nodig afgegee. Beide Ruan Jansen en sy hond Leila was baie bly vir die water.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa