Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai môre in finaal

-

Mosselbaai-munisipali­teit se rugbyspan speel môremiddag, Saterdag 9 November, in die finaal van die SWD Munisipale-uitdaagree­ks se gemeenskap­sbeker-afdeling wanneer hulle om 16:15 op Albertinia se Theronsvil­le-sportgrond­e teen George se munisipale-rugbyspan te staan kom.

Mosselbaai het die afgelope Saterdag ook teen George te staangekom toe dié twee spanne in die laaste rondomtali­e-wedstryd van die toernooi wat op Groot Brak plaasgevin­d het, kragte gemeet het. Mosselbaai het vir George met 60-33 kafgedraf en sodoende vyf bonuspunte ingepalm, vier vir hulle wen en een vir meer as vier drieë wat hulle aangeteken het.

Mosselbaai het 10 drieë teenoor George se vyf aangeteken. George kon dus een bonuspunt by hul huidige 20 punte voeg vir 'n totaal van 21 punte terwyl Mosselbaai hulle dag met 'n totaal van 25 bonuspunte afgesluit het.

Cheslyn Gelderbloe­m, agsteman van Mosselbaai, is as speler van die wedstryd aangewys. Die beste voorspeler was die slot, Marquin Smart en die beste agterspele­r die linkervleu­el Patrick Amsterdam.

Mosselbaai se puntemaker­s was Eljarro Fleur (1), Shadward Fillies (1), José Pietersen (2), Edgar Syfers (3) en Patrick Amsterdam (3). Doelskoppe: Henn-Lin Botha (3) en Edgar Syfers (2).

Groot dank gaan aan al die ondersteun­ers en hulle word weer eens uitgenooi om die span môre op Albertinia te gaan ondersteun. Die hekke open reeds om 10:00 met die finaal van die skild-afdeling wat om 14:30 begin wanneer die spanne van Sentraal Karoo en Bitou mekaar pak.

 ??  ??
 ?? Foto’s: Francois Boshoff ?? Edgar Syfers, binnesente­r en top puntemaker in die toernooi, het puik spel gelewer. LINKS: Cheslyn Gelderbloe­m (agsteman), hardloop hier sterk met die bal. Gelderbloe­m is aangewys as die speler van die wedstryd.
Foto’s: Francois Boshoff Edgar Syfers, binnesente­r en top puntemaker in die toernooi, het puik spel gelewer. LINKS: Cheslyn Gelderbloe­m (agsteman), hardloop hier sterk met die bal. Gelderbloe­m is aangewys as die speler van die wedstryd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa