Mossel Bay Advertiser

Sonskynval­leiers deel in jongste tegnologie

- Louise Karsten

'n Splinternu­we e-Sentrum met 13 rekenaars is op Maandag, 11 November op Sonskynval­lei geopen. Die sentrum, ter waarde van R750 000 is gevestig danksy Transand wat onder meer die rekenaars, die werkbanke en die gebou geborg het. Inwoners van Sonskynval­lei kan voortaan van die sentrum gebruik maak. Elke gebruiker kry 'n uur gratis internet per dag en kinders mag tot 10 bladsye gratis druk vir skooltake. Die projek het ook permanente werk verskaf aan nege inwoners wat deel van Transand se bouspan gevorm het asook twee permanente werknemers wat ook op Sonskynval­lei woon en toesig by die sentrum hou en opleiding sal gee aan die gemeenskap.

Die planne vir die projek is deur die Mosselbaai-munisipali­teit goedgekeur en die groenlig is gegee deur die WesKaapse regering se departemen­t van minerale hulpbronne.Tydens die opening van die sentrum het die uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal gesê die sentrum gaan 'n enorme verskil in die mense van Sonskynval­lei se lewens maak. Levendal het gesê hy maak geen geheim daarvan dat hy van 'n plaasgemee­nskap, Brandwag kom nie, en nie welaf grootgewor­d het nie. "Kinders woon in huise van tot ses in 'n gesin en dit maak dit dikwels moeilik om te leer. Baie kinders moet by kerslig leer, maar nou kan hulle na skool na die sentrum kom en hier leer."

Die gebruik van die sentrum is gratis vir die inwoners van Sonskynval­lei en volwassene­s word aangemoedi­g om die sentrum soggens te besoek sodat kinders dit naskool in die middae kan gebruik. 'n Sekuriteit­smaatskapp­y sal oor die sentrum wag hou en Cape Access bestuur die personeel sowel as die nodige sekuriteit.

Hilton Arends van die WesKaapse regering het tydens sy toespraak gesê die sentrum sal die kinders van Sonskynval­lei die geleenthei­d bied om deel te raak van die tegnologie. "Kinders hoef nie slegs die sentrum te besoek om aan skooltake te werk nie, maar kan dit ook gebruik om die internet te besoek."

Doktor Nwabisa Mgcotyelwa het gesê die sentrum verreik die gemeenskap van Sonskynval­lei. Sy het Transand en in besonder die direkteur, Billy Robertson vir die inisiatief bedank.

 ??  ?? Billy Robertson van Transand, dr Nwabisa Mgcotyelwa, Hilton Arends, uitvoerend­e burgemeest­er raadsheer, Harry Levendal en munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee tydens die opening van die sentrum.
Billy Robertson van Transand, dr Nwabisa Mgcotyelwa, Hilton Arends, uitvoerend­e burgemeest­er raadsheer, Harry Levendal en munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee tydens die opening van die sentrum.
 ??  ?? Hierdie kinders van Sonskynval­lei geniet die jongste tegnologie en word bygestaan deur die sentrumbes­tuurder.
Hierdie kinders van Sonskynval­lei geniet die jongste tegnologie en word bygestaan deur die sentrumbes­tuurder.
 ??  ?? ‘n Graad 5-leerder van Laerskool Hartenbos, en inwoner van Sonskynval­lei gebruik die internet op een van die rekenaars in die sentrum.
‘n Graad 5-leerder van Laerskool Hartenbos, en inwoner van Sonskynval­lei gebruik die internet op een van die rekenaars in die sentrum.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa