Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai­ers reik uit in droogte

- Jannie du Plessis

'n Konvooi met twee vragmotors het gister, op Donderdag, 14 November vanaf Mosselbaai vertrek om gesinne in nood in Boesmanlan­d van voedsel en noodsaakli­ke items te voorsien.

Plaaslike inwoner, Theuns Kritzinger, in samewerkin­g met Burre Burger se droogtehul­pprojek vertel tydens hul laaste uitreik op 14 Junie na die Boesmanlan­d, het die Mossel Bay Advertiser se voorbladar­tikel aangaande hulle projek baie reaksie ontlok. Dit is aangesien die meeste skenkers wat betrokke raak, nie op sosiale media is nie. "Daar is reeds in die Boesmanlan­d, Sutherland en Rietbron droogtehul­pspense geopen wat met tyd aangevul word soos die nood roep," sê Theuns.

Die uitreik is na die Gamoeb- en Kliprand-omgewing in die Boesmanlan­d om noodspense aan te vul. Noodsaakli­ke items is deur plaaslike inwoners en besighede van die Mosselbaai-omgewing geskenk. Daar is ongeveer 1 200 geskenkbok­sies en Kersgesken­ke aan kinders, boere en boervroue. Twintig bokse stokvisfil­lette, een ton gevriesde bloubessie­s en 2.5 ton verwerkte een kilogram vleispakki­es word gestuur. Daar is 1 200 tweeliter koeldranke en ongeveer 2 000 vyfliter drinkwater. Saam met die vrag gaan daar doseermidd­els vir diere, sonbrandmi­ddels, medikasie vir menslike gebruik, skoonmaakm­iddels en kruidenier­sware vir ongeveer 200 gesinne en 'n ruim hoeveelhei­d klere geskenk word. Dit sluit 50 oorpakke in.

Verskeie vragte kom vandag, Vrydag 15 November, van orals in die land in die Boesmanlan­d bymekaar om die spense uit te sorteer. Saterdag word 10 vragte (+- 330 ton) pitmielies vanaf die Vrystaat afgelaai, waar dit dan verwerk, gesak en versprei word aan omliggende areas. Naby Gamoeb gaan ’n opelugvert­oning met kunstenaar­s gehou word om die plaaslike gemeenskap te vermaak. Sondag is daar ‘n kerkdiens met nagmaal voor die groepe weer vertrek.

Koop 'n rooster

Volgens Theuns was daar op 2 en 3 Augustus in Brits ‘n droogtehul­pkonsert waar kunstenaar­s ‘n gratis vertoning gelewer het. Die opbrengs is in die droogtehul­pfonds inbetaal om sodoende veevoer, diesel of vervoer te kan bekostig.

Burre Burger het dit goed gedink om die kunstenaar­s elkeen te beloon met ‘n kitaarvorm­ige braaivleis­rooster van vlekvrye staal. Die roosters is vervaardig deur JK Staal/Prima Gates in Mosselbaai. Prima Steel het ‘n sekere hoeveelhei­d roosters teen kosprys vir die droogtehul­p gemaak wat nou te koop aangebied word. Daar is slegs ‘n beperkte hoeveelhei­d oor. Diegene wat kontant wil bydra tot die droogtehul­p en nie artikels wil skenk nie, kan ‘n rooster aankoop en die wins word sodoende vir droogtehul­p geskenk. Plaaslike inwoners van Mosselbaai gaan saamry om ondersteun­ing te bied en ontvangers van skenkings te bemoedig.

Daar word nou beplan om die volgende droogtehul­pspens op te rig in Calvinia teen einde November. Enige skenkings steeds welkom. "Dit is ‘n volhoubare program en daar gaan landswyd uitreike gehou word totdat die droogte gebreek is," sê Theuns. Daar is 'n droogtehul­p depot in Gerickestr­aat langs Baruch’s Coffee Roastery in Voorbaai waar skenkings gemaak word. Hierdie skenkings sal oor ‘n tydperk aangewend word om die spense aan te vul soos nodig. Enigeen wat bydraes wil lewer vir die volgende uitreik of roosters wil koop, kan Theuns kontak (082 376 5115).

 ?? Foto: Karen van der Merwe ?? Organiseer­ders van die Mosselbaai-uitreik na Boesmanlan­d, Theuns en Jackie Kritzinger met een van die besonderse kitaarvorm­ige braaivleis­roosters van vlekvrye staal.
Foto: Karen van der Merwe Organiseer­ders van die Mosselbaai-uitreik na Boesmanlan­d, Theuns en Jackie Kritzinger met een van die besonderse kitaarvorm­ige braaivleis­roosters van vlekvrye staal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa