Mossel Bay Advertiser

‘Smarties’ besorg skillie en geniet ‘n kuier daarby

- Tersia Marais

‘n Karetseesk­ilpad, genaamd Hodgie is vanaf Mosselbaai na Bayworld in Port Elizabeth geneem nadat hy ‘n aantal dae by die Hartenbos-dierehospi­taal behandelin­g ontvang het.

Die seeskilpad was oortrek met eendmossel­s toe hy by die hospitaal beland het. Bekwame veearts, dr Frans de Graaff het die skilpad onder hande geneem totdat die dier aangesterk het. Lede van die Stranded Marine Animal Rescue Team (S.M.A.R.T.) het vir Hodgie Bayworld toe geneem waar Ruth Wright hom ontvang het. Hy is in die rehabilita­siesentrum geplaas waar hy verder sal herstel totdat hy vrygelaat kan word.

Die hoogtepunt van al die aktiwiteit­e vir die S.M.A.R.T.-span (Smartie-span) was die kuiertjie by Ziggy, die olifantrob­welpie. Almal was verstom om die grootte van die welpie te sien, in vergelykin­g met die Kaapse pelsrobwel­pies. "Dit was wonderlik om die pragtige diere te kon aanskou aangesien hulle nie gewoonlik in ons waters voorkom nie."

Die Smartie-span beplan alreeds hulle volgende uitstappie na die afgelope reis, aangesien dit uitgeloop het op 'n dag vol vreugde, pret en plesier, terwyl hulle besig was met dit wat hulle na aan die hart lê.

Die S.M.A.R.T.-span versoek die publiek om op die uitkyk te wees vir rob welpies wat tans vanweë die hoe deinings van Robbe-eiland afspoel en op strande beland.

"Moet asseblief nie die welpies terugplaas in die water nie. Kontak S.M.A.R.T. by 072 227 4715."

Dit was wonderlik om die pragtige diere te kon aanskou aangesien hulle nie gewoonlik in ons waters voorkom nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa