Mossel Bay Advertiser

Petronel Baard stel nuwe enkelsnit bekend

-

Petronel Baard, ’n passievoll­e kabaretste­r van Mosselbaai met ’n strelende storievert­ellerstem, het oor die afgelope 21 jaar reeds diep spore in die musiekbedr­yf gerap. Haar nuwe enkelsnit, Life is good, word nou uitgereik en gaan beslis verskeie musiekhart­e, regoor die land, verower.

Life is good, uit haar eie pen, is ’n kontemporê­re snit wat elemente van folk en klassieke pop met ’n unieke SuidAfrika­anse aanslag kombineer. Dit gaan daaroor dat die lewe kort is en dat ’n mens mekaar moet liefhê terwyl jy kan. Dié treffer is die perfekte pasmaat vir die musikant se sterk, soet stem en is beslis iets waarby gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind.

“Na twee maande van angsaanval­le, het ek een aand ’n droom gehad. Ek en my familie (en vriende) het deur die strate van ’n mooi stad gestap. Ek onthou die refrein, die groen bome en groot glasvenste­rs van die geboue. Die ongeloofli­ke gevoel van liefde en sekerheid dat ons mekaar moet liefhê. Toe ek wakker word, het ek die wysie en woorde vasgevang, want ek het net geweet dat die wêreld ’n boodskap van liefde nodig het,” vertel die sangeres.

“Kort daarna het ek verloof geraak en twee dae later is ’n kosbare vriendin skielik oorlede. Ek het dit op haar begrafnis gesing en het die lied aan haar opgedra. Min het ek geweet dat ons my skoonsuste­r amper ’n maand na ons troue ook sou verloor. Die lied is opgedra aan hulle altwee; Sonja Pretorius en Marion Baard. Uit soveel harsteer, vloei daar nou soveel positiewe energie.” ’n Musiekvide­o, deur

Efpe Senekal van Efpe Senekal Produksies is onlangs verfilm en sluit die mooiste natuurtone­le asook beeldmater­iaal van familie en vriende in. “Die video wys my wat, in ’n trourok, op die mooiste plekke die lied sing. Ons wissel dit af met insette van verskeie mense en dele in ons area wat saamsing en dans om te wys dat die lewe goed is. Dis ’n absolute viering van die lewe." Kyk die video hier: https://vimeo. com/369585838

Die musiekbedr­yf het vir Petronel geleer dat dit belangrik is om getrou te bly aan jou eie styl en dat jy nie bang moet wees om jou passie uit te leef nie.

Die liedjie is op alle digitale platforms beskikbaar. Kry dit hier: https://music. apple.com/za/album/life-is-goodsingle/1482884883

 ??  ?? A time of silence was observed to honour the fallen.
A time of silence was observed to honour the fallen.
 ??  ?? Petronel Baard
Petronel Baard

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa